Geverifieerde Resensie
Sedgefield
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sedgefield bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 366 resensies.
"Ons is mal oor Sedgefield, dit het ’n baie rustige atmosfeer en is vir seker vol versteekte juwele."
"Sedgefield is 'n rustige plek en sentraal geleë en naby aan heelwat plekke wat besoek kan word."
"We were there in the height of the pandemic and spent all our time in our bubble and on the water. We were able to hire canoes and a paddle board which made that possible. There were remarkably few people so it was probably not a typical height of season experience. No doubt Sedgefield has other charms in normal times; for these unusual ones - despite being in a hotspot - it was a really marvelous place in which to stay Covid-safe. We could get everything we needed at the Spar - and the German shop, which has everything the Spar does not. Think prawns, salmon, real frankfurters, spekulaas and much more."
"Klein dorpie. Nie baie winkels nie maar het wel die nodige. Naby aan George en Knysna as jy iets meer soek. Vriendelike mense."
"Sedgefield en die omgewing is 'n absolute paradys om te verken. Daar is 'n fantastiese Spar en verskeie ander winkels vir daaglikse benodighede, bv. Pick en Pay, Crazy Store, apteek, ens. Die Wild Oats-mark is op Saterdae en 'n besoek aan die Scarab Village, is 'n moet. Ons troeteldier was ooral verwelkom; sy het selfs saam geswem en saam quad bike gery. Die mark en verskeie strande maak voorsiening vir troeteldiere. Onthou om "Mr Kaai" te besoek vir varsgebakte vis en ander seekos. Die sewe passe is pragtig, veral die een tussen George en Hoekwil. En moenie vergeet om kaaskoek te gaan eet op Hoekwil nie. Hierdie winkel maak ook voorsiening vir jou troeteldier. Daar is verskeie ander aktiwiteite wat ook in die area gebied word, bv. paragliding, perdry, ens."
"Sedgefield is 'n heerlike dorpie met 'n goeie samehorigheidsgevoel en fantastiese weer. Myoli is een van die mooiste strande wat ek nog gesien het. Daar is egter twee dinge wat kommer wek, die een is die toenemende kriminele element en die ander is dat daar tekens is van verval soos byvoorbeeld die strate in die dorp."
"Sedgefield offers all that is required for either a short or long holiday. There are a great deal of activities from adrenaline rush to lazy reading type of activity."
"Baie mooi, alles skoon, vriendelike mense en daar is uitstekende restaurante en winkels."
"Ek wil weer na Myoli Beach gaan, maar dan wil ek 'n week kuier, want 1 aand is te min."
"Pragtige dorp. Ons het reeds die plek kom besigtig om daar te hervestig. Genoeg restaurante, mooi Pick en Pay (nuwe Superspar maak eersdaags oop). Huise en eiendom baie duur, en dus skaars."
"We have always loved Sedgefield and have travelled there for many years when the opportunity arises. Very central to other towns on the Garden Route, with anything being available that one needs. The Saturday morning Wild Oats Farmers Market is always amazing. "
"A lovely quaint town, that was just what we needed: rest, a welcoming group of people and being in nature. "
"Sedgefield is 'n baie mooi, skoon en rustige dorpie. Die regte plek as jy van jou besige lewe wil weg kom."