Geverifieerde Resensie
Sunshine Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sunshine Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 4765 resensies.
Gqeberha (Port Elizabeth), Sonskynkus
8 Abalone Place"Dit is 'n mooi plek, skoon en het baie interessante plekke om te besoek. Sal beslis weer gaan."
"Dit was nogal iets anders om by Kabeljous te gaan swem met die kinders. 'n Pragtige, ongerepte strand. Ons het dolfyne gesien. Die hele dorp is ongelooflik skoon."
"Lekker sentraal geleë. Goeie woonbuurt. Baie eetplekke."
"Dis die eerste keer wat ek in PE gekom het, Somerstrand is 'n baie netjiese voorstad en sal nie omgee om daar te bly nie."
"Klein gemeenskap, maar die vriendelikste en mees behulpsame mense wat ek nog teëgekom het."
"Restaurant se personeel was BAIE vriendelik en behulpsaam. Iets wat mens nie meer aldag in ons mooi land teëkom nie."
"As jy ontspan by die see, is dit net die regte plek. Daar is baie oulike plekke om te besoek, nie te ver van daar nie."
"Hiervandaan kan die Addo Olifantpark maklik bereik word en die omliggende area is iets besonders om te besoek."
"Die strandgebied is al 'n bietjie oud en verwaarloos. Tydens ons besoek was dit vuil, en dit het ons baie gepla! "