Geverifieerde Resensie
Stellenbosch
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Stellenbosch bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1024 resensies.
"Stellenbosch is en bly wonderlike dorp. Daar is baie doen dinge en plekke waar jy kan eet sonder dat dit jou beursie sal leeg los. Mens besef egter nou meer so as ooit dat die dorp swaar staat maak op toerisme en die studente."
"Pragtige omgewing met al die wynplase en oulike eetplekke rustige atmosfeer veilig in die aand."
"Dit is 'n baie goeie plek. Stellenbosch is 1 van die goeie stede en is die blomme-dorp van SA."
"Ek dink Stellenbosch is 'n heerlike plek om 'n paar dae by te kuier. Gaan sien die Vriedenheim wynplaas, hulle tuine is so mooi. Gaan drink 'n koffie by Hudsons, of gaan eet by Barique of die Volkskombuis. Stap af in Dorp- en Andrigrastraat, drink 'n koffie en voel die vibe. Vir my is dit dit my huis al het ek nie in Stellenbosch grootgeword nie. Huur 'n fiets en ry bietjie rond, gaan na die markte op 'n Saterdag, die Lierbeheim mark, die aarbeiplaas, daar is nog soveel goed. Dit kan net baie warm raak daar."
"Stellenbosch is 'n wonderlike plek om te besoek. Daar is soveel om te doen en te sien. My besoek aan Drum restaurant was 'n hoogtepunt!"
"Lekker plek om vakansie te hou. Ons het dit geniet, strate is mooi skoon en mense besonders vriendelik en behulpsaam."
"Stellenbosch is amazing! Very central place to live in, where everything is close to each other and lots of things to do."
"Parkering is altyd 'n probleem in Stellenbosch, en die algemene veiligheid is nie meer so goed soos 'n jaar of wat gelede nie."