Geverifieerde Resensie
Still Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Still Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 715 resensies.
"Stilbaai is die pragtigste dorpie, dit was my eerste keer wat ek die dorpie besoek het, ek sal môre daar kom bly! So pragtig en die strande so skoon en lieflik. Ook Jongensfontein is so mooi, deel van die dorp!"
"Daar moet 'n plek oopmaak wat lekker seekos kan verkoop en ook meer sushi. Anders is Stilbaai 'n baie lekker plek om vakansie te gaan hou. Dorp is mooi skoon en so ook sy strande."
"Wonderlike bestemmimg met mooiste natuurskoom, goeie gholfbaan, oulike winkeltjies en lekker koffiewinkels."
"Stilbaai as 'n dorp was 'n aangename verrassing. Ons het dit baie geniet. Al die kwaliteite van 'n kleinerige doprp, maar met al die winkels en ander geriewe wat mens nodig het."
"Stilbaai is 'n wonderlike wegbreekplek, met die mooiste strande en heerlike rivier en stapplek en fynbos en wat jou hart ook al begeer. Geen wonder mense tree al hoe meer daar af nie. Die vriendelikheid van die gemeenskap was opvallend en ek het oral veilig gevoel. Meer ideaal sal 'n mens moeilik vind. Ek sal volgende keer net langer bly en die res van my reis korter maak. "
"Een van die mooiste plekke, pragtige strande en maklik bereikbaar. Die lagoon lekker veilig en vlak by tye, lekker speelplek vir die kinders. Die dorp het pragtige winkelsentrums en is skoon en baie veilig."
"Stilbaai is 'n lieflike dorpie en die strand was een van die beste tot dusver. Ons het die strand en klein eetplekkies vreeslik geniet en het ten alle tye veilig gevoel. Ons sal beslis weer daar gaan vakansie hou!"
"Stilbaai is nou nie een van die beste dorpies om te besoek nie, dit is meer vir mense wat wil kom rus."