Geverifieerde Resensie
Still Bay West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Still Bay West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 84 resensies.
"Dit was heerlik om Stilbaai te verken. Dit is regtig 'n baie mooi en rustige dorp en definitief 'n kuier werd. Ons het als gaan voer by die Pallinggat, gaan kyk na die visvywers van die Khoisan, van die staproetes gaan stap en na die walvisse in die baai gekyk. En daar is baie oulike winkeltjies om te besoek."
"Ons verkies Stilbaai-Wes. Lieflike strand en baie dekor winkeltjies en eetplekke naby."
"Wou vars vis eet, maar 2 gewildste vis eetplekke kon/wou nie help nie. Wat van "Jy kan solank ietsie bestel om te drink en wag vir die volgende tafel om oop te gaan" Dink hul kan hul kliëntediens opknap, maar sal nie almal oor dieselfde kam skeer nie, het heerlike pizza gekoop by 'n baie vriendelike man naby Spar, ten spyte van 'n besige dag was hy steeds vriendelik."
"Daar is net een toegang tot die dorp. Die verkeer is `n probleem in vakansietye, maar dis heerlik by ons akkommodasie gewees."
"Silwerskoon dorp, ons kom van die Oos-Kaap en ek wil nie politiek hierby betrek nie, maar dit verskil hemelsbreed van hoe dit hier by ons lyk! Ons sien met verlange uit om julle weer te besoek!"
"Heerlike vakansiedorp met alles wat mens benodig. Daaglikse vars vis op die hawe was 'n bonus. "
"Thoroughly enjoyed Still Bay, neat, tidy, residents very friendly, will definitely return."
"Beslis die moeite werd om hier te kom ontspan... Soveel interessante winkeltjies en eetplekke. "
"Pragtige strand met kristalhelder water, oulike winkels en goeie en bilikke eetplekke."