Geverifieerde Resensie
Storms River
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Storms River bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 445 resensies.
"Baie mooi plekkies, geniet al die aktiwiteite wat aangebied word, daar is baie. Ry ook die Bloukranspas wat eintlik gesluit is, dit is pragtig!"
"Fantastiese bestemming vir die adrenalien junkie! Ook pragtige natuurskoon en voëls."
"Stormsrivier bied so baie - mens moet Tsitsikama Nasionale Park besoek! Verskeidenheid staproetes in natuurlike woud, water aktiwiteite, "tree-top zip-line" toere, ens. Van die mooiste areas in Suid-Afrika"
"Lieflike dorpie, baie oorsese toeriste, ideaal vir iemand wat baie aktief is. As jy wil weg kom van die besige stad is dit die plek om te wees. Natures Valley het die mooiste strande, maar jy moet maar al jou goed saambring. Daar is nie veel fasiliteite daar nie. Winkels is ver. Stormsriviermond is baie besig oor die vakansieseisoen en dit vat jou 'n uur net om deur die hek te kom... en 'n half uur se stap tot by die strand. Was nogal 'n ondervinding om die area te leer ken, maar ek weet nie of ek sommer weer 10 dae hier sal bly nie. Hoogtepunt was seker toe my seun gebungy het, 'n droom wat waar geword het."
"Stormsrivier is 'n baie mooi deel van die land, en ek is bly ek kon dit weer aanskou en geniet."
"I have been there a lot of times, but it's always awesome to come back."
"Klein dorpie met al die prag van die natuur wat dit omring en interessante plekkies om te besoek."
"Stormsrivier is die beste plek om te gaan rus vind vir jou siel al bly jy net vir een aand."
"Daar is baie om te doen. Die Canopy toer was aangenaam en ons het baie geleer van die dierelewe."
Eersterivierstrand, Stormsrivier
Angler's Paradise - House 1"Als je van de natuur houdt is dit een geweldige locatie!"