Geverifieerde Resensie
Struisbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Struisbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 962 resensies.
"Struisbaai het baie mooi strande en die hawe is pragtig. Ongelukkig is dit baie winderig."
"Struisbaai is lekker. Geleë teenaan Kaap Agulhas, mees suiderlike punt van Afrika. Strande is skoon en is 'n plesier vir vakansigangers."
"Struisbaai self bied nie so baie behalwe vir baie lekker swemstrand nie en is 'n veilige, klein vakansiedorp met atmosfeer en al die winkeltjies wat jy tipies verwag. Die ligging is egter ideaal om die res van die suidpunt van Afrika te ontdek."
"I stayed in L'Augulas as a base and spent a day at the point of Africa and drive in the area. The other two days I drove to places like Arniston and Struisbaai and the restaurants were excellent."
"Pragtig, alles mooi skoon in die dorpie en sentraal naby ander plekke om te besoek geleë."
"Pragtige omgewing met vriendelike inwoners. Bespreek gerus ook n dag of twee saam 'n "charter" en gaan vang diepsee vis."
"Plek is skoon en netjies ingerig. Ideale plek as jy wil rus of net wegbreek. Baie dankie vir die kuiertjie by jul plek. Het dit baie geniet."