Geverifieerde Resensie
Struisbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Struisbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 962 resensies.
"Daar is nie 'n rustiger en mooier kusdorpie as Struisbaai nie. Ons is verslaaf aan die plekkie."
"Baie rustige plek om bietjie weg te breek van mense se besige lewe. Daar kort net lekker wegneemete winkels."
"Buite seisoen - heerlik, maar ek glo, binne seisoen, kan dit 'n miernes wees - heel anders as in ons kindertyd."
"Very rocky beach where we stayed, but round the bay a beautiful beach, can be very windy. Arniston a great place to visit for the beach and cave make it a day trip with a picnic."
"'n Plek waarheen ek altyd weer sal terugkeer. Beeldskone strande met 'n rustige atmosfeer."
"Altyd 'n gunsteling met 'n verskeidenheid van see, strand, klip, natuur en vars lug."
"Sit gerus die besoek aan Struisbaai op jul emmerskoplysie, vriendelike mense veral die dame wat by die ligtoring werk. Sy is net 'n pragtige mens. Vriendelik en behulpsaam."
"Ons het die mense van Struisbaai baie vriendelik gevind en het die veiligheid geniet."