Geverifieerde Resensie
Sutherland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sutherland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 942 resensies.
"Ons was mal oor die dorpie en die Ou Meul restaurant se kos was heerlik en vars en die diens vreeslik flink en vriendelik. Wat ons wel teleurgestel het was die besoek aan die SALT sterrewag. Ons het vooraf daarvoor kaartjies gekoop en dit was die doel van die besoek aan Sutherland. Met ons aankoms daar, 30 minute voor die tyd, is ons meegedeel dat die vogtigheid in die lug te hoog is en dat die teleskoop nie oopgemaak gaan word nie en ons kaartjies terugbetaal sal word. Ek verstaan dat mens nie beheer het oor die natuur nie, maar ek het gevoel daar kon 'n alternatief voorgestel word, soos 'n buitelugsterrekyk bv. Ons is druipstert terug dorp toe, en daar het Jurg ons aand gered met 'n sterrekyk in die dorp deur kleiner teleskope. Hy het 'n fantastiese praatjie aangebied en is duidelik 'n kenner in sy veld. Ek sal sy sterretoere aanbeveel eender as die SALT teleurstelling."
"The stargazing from Jurg at Sterreland was extremely disappointing, it almost ruined our trip. After spending nearly an hour all we viewed was Venus which we can do with our home telescope. It was a complete ripoff. The viewing at the planetarium was absolutely the best. Jurg is trying to accommodate too many people."
"Daar is nie verskriklik baie om te doen nie. Jy kan sterrekyk by verskillende plekkies en nog sterrekyk. SALT se tye moet op meer plekke geadverteer word vir beter beplanning veral as mens ver verblyf het. Restaurante/koffiewinkels moet langer oop bly. Ons het plekkie 3/4 pm gesoek vir milkshake, als was toe."
"We went in winter and was really nice to experience the cold weather. We unfortunately missed the snow, better luck next time."
"Wat ons wel gevind het is dat die dorpie Sutherland lyk of dit agteruit gaan wat die hoofstraat betref soos die winkels. Dit lyk of Covid die dorpie baie seergemaak het. Daar is nie juis baie aandenkings wat 'n mens kon koop van die plek nie en as ek iets wou koop was dit buitensporig duur."
"Die dorp self, 3 sterre. Die omgewing en Jurg se sterrekyk 5 sterre, asook die restaurant (Ou Meul) waar ons geëet het. Ek sal in die toekoms op 'n plaas bly, nie sommer weer in die dorp nie."
"Dit was heerlik om die sterre te sien en ook om by Blue Moon te eet. Die waiter was baie vriendelik daar."
"Ons het 'n paar dae in Sutherland gebly en daar is so baie om te doen. Buiten die sterrekyk is daar staproetes, kort en lank, en voëlkyk. 'n Besoek aan die SALT teleskoop was so leersaam."
"A quaint village with plenty to offer by welcoming locals. We highly recommend Blue Moon restaurant where we were met by Jannie and Sterland stargazing with Jurg who kept us spellbound with his knowledge and great sense of humour."
"Sutherland in die Noord-Kaap van Suid-Afrika! Hierdie klein dorpie is 'n regte juweel wat jy moet besoek as jy op soek is na 'n unieke toerisme-ervaring en bibberkoue, selfs sneeu in die winter! Een plek wat jy beslis nie mag misloop nie, is Tjol se Gat, 'n kroeg wat van die gebaande pad af geleë is in die Verlatekloofpas, 20 km voor die dorpie Sutherland. Die gebou was die ou tolhuis ('n klein huisie by 'n tolhek waar geld ingesamel was van padgebruikers) wat tot Desember 1907 in gebruik was. As jy op pad na Sutherland is, moet jy beslis stop vir 'n drankie en 'n paar goeie stories by Tjol se Gat. Oom Tjol Herbst is 'n besondere karakter en sal jou sowaar inspireer met sy stories en dinge en jy sal dit nie wil misloop nie. En natuurlik, hoe kan ons die grootste teleskoop in Suid-Afrika vergeet? SALT is 'n unieke ervaring en jy sal nie teleurgesteld wees nie. Met 'n helderheid wat so skerp is as 'n oog van 'n arend, sal jy verbaas wees oor die skoonheid van die heelal. Dus, as jy op soek is na 'n unieke ervaring en 'n bietjie stof op jou boots, moet jy Sutherland besoek. Die dorp sal jou nie net verbaas nie, maar dit sal jou hart steel."
"Loved Sutherland. Everyone was friendly and enjoyed SALT and the Planetarium experience."
"Louw Museum closed since before Covid. Guided tour of NG Kerk, we phoned no response even 2 days later."
"Dit is 'n oulike dorpie met opsies vir stargazing - anders nie veel om te doen nie."
"Verrassend positiewe en aangename ervaring. Veilige omgewing, gekenmerk deur vriendelike, hulpvaardige mense. Interessante geskiedenis."
"Sutherland is a must-do at some point in your travels through SA. It opens a view into a different world that is absolutely fascinating."