Geverifieerde Resensie
Swellendam
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Swellendam bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 774 resensies.
"Swellendam is 'n klein plattelandse dorpie, met die vriendelikste mense."
"Swellendam is 'n lekker kuierplek. Mense is baie vriendelik en jy voel baie tuis. Oral waar ons was het ons baie welkom gevoel."
"Dis 'n lieflike dorp en mens is bevoorreg om dit nog alles te kan geniet en waardeer. Dankie vir die instandhouding van al ons kultuurskatte - dis deesdae nie meer so algemeen nie!"
"Dit is 'n pragtige klein dorpie en ek sal beslis in die toekoms wil teruggaan met my gesin as deel van 'n vakansie."
"As jy van koffie hou, besoek Coffee Culture langs die toeriste-inligtingskantoor!"
"Ja, definitief net 'n naweek is te kort. Dis 'n pragtige historiese dorp en lekker interessante dinge om te sien, daar is ook lekker grondpaaie om te verken, soos byvoorbeeld om oor Malgas se pond te gaan. Hou die dorp net so."
"Ons was net jammer dat die Faerie Sanctuary nie oop was nie! Sal volgende keer ons tyd so inruim dat dit in seisoen is!"
"Mal oor Swellendam omgewing, baie om te doen in klein radius. Natuurskoon en buitelig-aktiwiteite is legio."
"Absolute pragtige dorpie! Die mense is so vriendelik en behulpsaam! Gaan definitief terug!"
"Lekker rustige dorp, lyk nooit oorvol met mense soos klein dorpies soms lyk nie."
"A beautiful town with lots of lovely restaurants, hotels, museums and B&B's. Also close to beautiful nature reserves and national parks and mountains. Drive to the surrounding areas for lots more to see and do."
"Goeie en veilige plek om te verken. Staptogte langs di dam, die berry plaas was wonderlik, selfs die trodouw pass deurry is 'n belewenis. "