Geverifieerde Resensie
Transgariep
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Transgariep bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 1607 resensies.
"Was ongelukkig net een aand daar, maar dit lyk nie of daar veel is om te doen nie."
"Alles was omtrent toe. Het 'n paar jaar terug Gariep besoek en kon meer rondstap. Gariep is 'n pragtige plek."
"Gariepdam is net vanaf die N1 hoofweg tussen JNB en CPT, wat die area stil maak sonder verkeer deur die aand. Die OK was goed gepak met voorraad, so jy het nie 'n rede om enige iets vir die aand vooraf in te pak nie."
"'n Dorp met interessante geskiedenis. Kort 'n bietjie aandag, maar steeds 'n kort besoek werd."
"Installeer dalk 'n hek by die ingang om die plek veiliger te maak, dat enige iemand van die straat nie net daar kan inkom nie. Veral mense wat met waentjies of karavane reis."
"Kon nie die dam sien van waar ek was nie en het ook nie die keer die dam besoek nie, maar sal verseker daar gaan vakansie hou."
"Daar is soveel om te sien in Bethulie. Baie geskiedenis. Ons sal definitief weer gaan."
"Infrastruktuur het totaal agteruit gegaan. Pad is afgryslik met reuse gate. HEEERLIKE restaurant by vulstasie, eienaar is Hentie: vriendelikste diens, heerlike kos en perfekte gesellige samesyn met die plaaslike inwoners. Mense is vriendelik en die dam is pragtig, indien die dam en oord vol is en daar mense kuier kan dit 'n gesellige plattelandse wegbreek wees."