Geverifieerde Resensie
Transgariep
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Transgariep bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 1607 resensies.
"Uitstekende omgewing! Baie netjies en mooi. Die sterrekyk was 'n onvergeetlike ervaring."
"Ons ervaring was die van spyt - spyt dat ons slegs oornag het in plaas van 5 tot 10 dae van verfrissende stilte rus en vrede."
"Bethulie is 'n perfekte halfpad-oorslaapplekkie Kaap toe. Lieflike pad om te ry en fantastiese brug om te sien, 'n regte geskiedkundige plekkie."
"Die Gariepdam is 'n pragtige plek! Ons positiiewe ervaring van die dam was egter baie erg ontwrig deur die frustrerende swak diens. "
"Meer reisigers behoort deur dorpe soos Bethulie en Philippolis te ry as 'n alternatiewe roete vir die N1. Kom raak stil en geniet hierdie dorpe oor 'n koppie koffie voor jy verder reis."
"Ek dink dit sal 'n ander ondervinding wees wanneer dit nie so droog en die dam so leeg is nie. Tog is die omgewing baie mooi en het ons op twee geleenthede die bedreigde kraanvoël gesien en een broeipaar het n baba by hulle gehad. Dit was baie spesiaal om hulle te sien. Ons het ook gaan kyk na die gedenkplek waar 'n klomp van die kinders wat in konsentrasiekampe by Norvalspont was, dood is en begrawe is. Dit is net 'n jammerte die plek is so verwaarloos, maar baie interessant."
"Al die paaie is nie so goed nie – veral as 'n mens grondpaadjies tot by jou bestemming moet ry."
"Al is die dam baie leeg, was dit 'n aangename verassing om hier te bly, al was dit net vir 1 nag op pad Kaap toe. Volgende keer kom bly ons hier vir 'n paar dae!"