Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 15868 resensies.
"Hartenbos het baie goeie toerisme bedryf. Het baie welkom gevoel by verskeie winkels wat ek besoek het."
"Knysna is maar 'n heerlike vakansie- en toeristedorp. Gelukkig baie rustig buite seisoen wat ons verkies. Daar is stap- en fietsryroetes. Die asemrowende uitsig by The Heads en eetplekke."
"Alle eetplekke daar maak baie vroeg toe. Nie baie om te doen nie, maar ons het deurgery Knysna toe."
"Dis 'n pragtige bestemming en 'n ideale oorslaapplek tussen Kaapstad en Jeffreysbaai."
"Mosselbaai is een van die beste dorpe om te kuier, veral om so naby aan die see te kan wees."
"A quaint little stopover on the main road that rewards a longer stay."
"It's a beautiful and neat place Mosselbaai. The Europcar car rental lady is friendly and genuine. Hartenbos should perhaps consider local cabs coming from Mosselbaai which end up charging pricey amounts. Because one must pay to compensate for the distance travelled before the actual distance one can use."
"Aandete geniet by Mosselbaai se regte, egte Portugese restaurant en soos altyd Mosselbaai op sy beste, ten spyte van die pragtige reën."
"Witsand is 'n baie skoon en netjiese dorpie. Natuurskoon baie mooi. Die plaaslike inwoners hou die dorp netjies en is baie vriendelik. Baie dankie daarvoor."
"Die mense is vriendelik en behulpsaam. Daar is 'n probleem met slaggate - gelukkig is die strate breed. Die Robinsonpas se veldblomme is pragtig dié tyd van die jaar."
"Mooi strand en wonderlike klimaat. Lekker plek om te ontspan, ook met gesinne. Oulike waterpark. Veilig en baie om te doen en te ontdek. Enigste kritiek is miskien die hoofroetes wat baie druk verkeer kan hê. Museum is 'n besoek werd en mal oor die dorp wat nog sy outentieke atmosfeer behou het. Lekker eet- en kuierplekke langs die strand, veral by Hartenbos."
"Dit was ons eerste kuier in Sedgefield en dis voorwaar 'n juweel op die Tuinroete."
"Een van die mooiste roetes op ons landkaart."
"Waar's dit lekker ? In Stilbaai is dit lekker. Dit is afseisoen en in die week so alles was lekker stil. Geen verkeer en min mense in winkels, jy word dis orals gou gehelp. Ek weet nie of plekke nog die nagevolge van Covid inhaal nie, maar party plekke is buitensporig duur en "by word of mouth" is dit vir hulle slegte advertensie. Jy kan nie R95 vir 'n ontbyt betaal wat Spur vir R59 aanbied nie, dis darem te veel. En dis baie duidelik, plekke wat billike pryse het, is altyd vol. Plekke waar daar enkele mense sit, stap jy verby, teken van duur pryse. Almal moet hul sente omdraai, nie net besighede nie. Ek is 'n plaaslike ondersteuner en veral plekke waar jy in Afrikaans bedien word. Die plekkies waar ons wel ingestap het, was almal baie vriendelik. "