Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 15868 resensies.
"Mosselbaai is 'n heerlike plek wat soveel bied om te doen. Vir die wat hou van snuffel, sal verbaas wees oor wat hulle sal ontdek. Ongerepte strande vir die wat daarvan hou. Hawe ervarings, ou geboue en museums. Alles die moeite werd in 'n netjiese dorp wat soveel kan bied."
"Heidelberg is een van die Wes-Kaap se pragtige, versteekte diamante wat die moeite werd is om te ontdek."
"A small community that takes pride in their village. Lovely for a peaceful visit to the sea."
"Riversdal is 'n ou dorp met sy eie kultuur. Dis nie die dorp waar ek Desember sal kuier nie, maar steeds 'n dorp met baie karakter."
"Ons kinders en kleinkinders woon daar in Loeriepark. Die plaasmarkies en die Aarbeiplaas is ons gereelde kuierplekke as ons George toe kom."
"Mooi dorp, maar instandhouding van paaie en skole nie so mooi soos die res van die Wes-Kaap wat ons besoek het nie."
"Rustige, mooi area. Jy het 'n pragtige uitsig van beide die berge en see op plekke. Minder winkeltjies, maar naby genoeg aan die groter plekke soos, Hartenbos sou jy meer opsies nodig hê."
"Lots of traffic, but a cute town for a day. Great if you have a boat or visiting the sights in and around Knysna."