Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 15868 resensies.
"Ek sal definitief weer na Witsand teruggaan, uiters vriendelike, behulpsame mense, en die dorp is super netjies."
"As jy nog nooit daar was nie, pak die kinders en die honde in en gaan loer! Dis verskriklik mooi. Moenie die Sedgefield mark misloop nie!"
"Ons gaan reeds verskeie jare tuis in George / Wildernis omgewing en dis pragtig daar en ek sou graag daar wou bly, dus sal ons weer en weer gaan."
"Dit is 'n ongelooflike mooi plek en het alles wat jy nodig het. Enige groot veranderinge sal die karakter van die dorpie en streek wegneem."
"Koop wat jy nodig het voor jy daar aankom of maak seker jy kan kry wat jy wil koop. Beperkte winkels beskikbaar."
"Wilderness offers a beautiful clean beach, great restaurants and lovely walks along the river/lagoon."
"Ons is by al die besienswaardighede baie vriendelik en professioneel behandel. Die gidse by Kangogrotte, Cango Wild Live Ranch (Ed) en High Gate Volstruis plaas was uitstekend. So lank KKNK deel van Oudtshoorn bly sal ek die dorp gereeld besoek. Die KKNK was soos gewoonlik uitstekend. "
"Danabaai het in my hart gekruip. Rustig en uit die besige Mosselbaai en Hartenbos."
"Witsand is 'n klein plekkie, met die vriendelikste mense, wat sommer dadelik in jou hart in kruip!"