Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 15868 resensies.
"Een van die skoonste dorpe wat ek in jare gesien het en al die mense is vriendelik. George kan Suid-Afrika wys hoe paaie in stand gehou moet word."
"Het die Kango-grotte baie geniet. Die mense was vriendelik en ons het die gids baie geniet."
"Lieflike plek, ry gewoonlik net deur op pad Kaap toe. Regtig verbaas met die rustigheid van die omgewing waar ons oorgebly het."
"We were fortunate, George put on its best weather for our stay and added to the wonderful experience."
"George is 'n baie netjies dorp en ek sal altyd teruggaan na George."
"Pragtige dorp. Heerlike vleis. Mini-mark goed toegerus. Pragtige omgewing. Nie ver van besienswaardighede af nie."
"George is 'n goeie voorbeeld van hoe pragtig en skoon 'n stad in SA kan wees. Dit lyk na 'n lieflike stad om te bly."
"Hartenbos sal altyd ons hart se punt bly. Net jammer oor die waterwurm en pretpark. Sou baie graag my seuntjie soontoe wou neem. Hopelik as ons weer besoek sal die nuwe ontwikkeling weer lekker vakansie gees aan die dorpie gee. "
"As jy 'n baie rustige plekkie wil besoek is Heroldsbaai beslis die bestemming. Dit was glad nie besig nie, dit is seker heeltemal anders in Desember."
"Alhoewel Knysna alreeds vele te bied het vir die toeris, sal daar altyd ruimte vir verbetering wees. Die groot voordeel is dat al die omliggende plekke soos Sedgefield, George en Plettenbergbaai baie naby geleë is en Knysna dus baie gerieflig sentraal geleë is."