Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 15868 resensies.
"Hartenbos is 'n mooi area en is goed geleë. Mense is vriendlik. Sal die area aanbeveel vir 'n gesinsvakansie."
"Hou jy van Clarens? Greyton? Dullstroom? Dan is dit jou soort dorpie dié. Snuisterywinkels, koffiekamers, en 'n skilderagtige ligging in die berge teenaan die suidelike ingang van Meiringspoort. Daar is twee wynplase in die omgewing. Probeer Mons Ruber se Cabernet Sauvignon Jerepiko (weens naamregulasies gebottel as Elegantia) en landgoed-boegoebrandewyn, of Domein Doornkraal se interessante versnitte met name soos Kuierwyn en Kaptein. Begroot 'n hele oggend van jou reis op Roete 62. Dalk sien jy "Jans Deere" se motorfiets, groen geverf soos die bekende trekkers, voor Mooikaroo staan, met Oom Jans self op die stoep, gewapen met 'n koppie koffie en lus vir gesels. "
"Ongelooflik mooi en stil. Na ons besoek verlede week is ek verbaas oor die aantal vakansie-oorde! "
"Toegangsgelde by sommige plekke is bietjie rof, maar daar is wel by sommige plekke pakette wat gekoop kan word wat dit meer bekostigbaar maak. Pragtige omgewing met baie te doen en te sien. "
"Very quiet. Relaxing. Just ensure all shopping is done beforehand. Beautiful surroundings."
"Hebben er rond gereden. Was heel leuk, maar om te wandelen is het te heuveichtig en te steil voor ons wat oudere mensen."
"This is a real funky town and we were so impresssed with all the quirky people that we met. The sunset was amazing."
"Hartenbos is beslis 'n goeie vakansie plek en is so rustig en sentraal geleë vanaf baie ander dorpe."
"Dis 'n nagmerrie om in die dorp inkopies te doen. Die hoofstraat bly vol groot vragmotors en parkering is 'n probleem. Dis lekker om in die waterfront rond te loop en daar uit te eet. Die Heads is pragtig."
"Witsand is fantasties! Het net nog voete nodig! Lieflike plek. Ons gaan beslis weer! "