Verified Reviews
Tulbagh
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Tulbagh
Rated 4.5 out of 5 based on 607 reviews.
"So many activities to do in Tulbagh that involve nature and animals. Very peaceful and safe town. The views were stunning as well."
"Ons het die dorpie besoek en dit is pragtig. Die museum is baie insiggewend en die kerkie so mooi en uniek met 'n baie vriendelike gids wat ons begelei het. Ek sal graag meer tyd hier wil spandeer en meer wil sien."
"Tulbagh is 'n mooi plek, my familie bly in die omliggende omgewing en dis altyd lekker om terug te gaan waar ek gebore is."
"Wat 'n aangename verrassing, daar is so baie in en om Tulbagh te doen, veral die wynproe by Saronsberg en Montpieller is uit en uit die moeite werd. En daar is die aangenaamste klein Gin Tasting Room by Vindoux, 'n ervaring op sy eie. Die omliggende dorpies is naby genoeg om byvoorbeeld te gaan Zipline in Ceres. Was vir seker die moeite werd vir 'n naweek se wegbreek."
"Een van die heel beste naweke ooit, so rustig, ons kon heerlik ontspan. Die plek is so mooi en silwerskoon en alles in die cabin is net die beste."
"Olive Bistro Hotel se kos en diens was puik. Lyk wel of daar 'n paar plekke begin toemaak, seker a.g.v. al die loadshedding."
"Tulbagh oortref mens se verwagtinge met al die pragtige wynplase, restaurante en veral die olyfproe. Dit is 'n pragtige dorp wat jou laat voel soos 'n toeris in jou eie land."
"Tulbagh verbaas my elke keer as ek terugkom. Omring met pragtige 360-grade berge."
"Die dorpie Tulbagh is ongelukkig 'n slagoffer van ons regering se onvermoë om 'n beter lewe aan sy mense te gee. Die hoofstraat is besaai met werklose mense wat vinnig om toeriste brom. Meeste besighede is of gesluit of het beperkte besigheidsure. Darem is die strate redelik skoon. Die prag van die area is nie die dorp nie, maar die natuurskoon en die omliggende plase, berge, riviere, damme, staproetes en bergfietspaaie."
"Vriendelike mense en oorgenoeg wynplase om te besoek. Dit is 'n uitstekende naweekbestemming naby die Moederstad!"