Geverifieerde Resensie
Uvongo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Uvongo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1011 resensies.
"Ongelukkig kon ons nie op die oomblik enige tyd van die dag by Uvongo strand swem nie agv storms vroeër die jaar."
"Ek was ongelukkig dat daar nie 'n strand is waar jy op die sand kan loop of sit nie."
"Uvongo is regtig 'n baie besonderse plek. Hierdie was 'n eerste vakansie in Uvongo en was ongelooflik mooi en rustig. Die plek sal ek definitief aanbeveel vir enige persoon. Daar is heeltemal genoeg aktiwiteite om jou besig te hou vir 10 dae. Die eetplekke was onoortreflik en die mense was baie gasvry."
"Die strand is nie maklik bereikbaar nie, as gevolg van takke en rommel wat uitgespoel was deur die storm. Niks was sigbaar om dit weg te neem nie."
"Uvongo was by verre die lekkerste vakansie plek ooit, ons was al by al die omliggende strande en dorpies maar Uvongo se strand was vir ons nog die lekkerste, dit was baie besig maar dit was baie lekker."
"Mooi beskutte strand, met 'n waterval in die lagoon. Ideaal vir klein kindertjies. Ons was in Oktober daar, Desember kan moontlik baie vol word."
"'n Positiewe punt: die natuur is pragtig en groen. Dit was 'n lushof vir die oog. Al die inkopiesentrums is baie naby aan Laguna en maak die verblyf ook gemaklik."
"Was bietjie ongelukkig want die enigste dag wat daar sonskyn was en ons kon swem in die see, toe is die haai nette gelig en kon mens net knie diepte in die water ingaan."
"We really had a fantastic time. Will continuously come to Uvongo and advise others to book at Laguna La Crete."
"Lekker strand alhoewel ons nie een keer kon swem nie. Ek dink die lewensredders was onredelik om jong mense en kinders uit die golfies wat tot by hul kuite kom te jaag. "
"Te veel om oor te praat, hierdie spasie is beslis te klein om alles op te noem, net een woord sal alles opsom: onvergeetlik!"