Geverifieerde Resensie
Uvongo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Uvongo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1011 resensies.
"Love Uvongo. Beach and surroundings are clean and tidy. Will definitely be back."
"Will definitely be back next year. Locals are so friendly, the beach is clean and well-kept. Overall enjoyed my vacation"
"Uvongo is ons gunsteling vakansie-omgewing, net jammerte van die toestand van die strand, Pebble beach. Die seewater is baie vuil en die gewilde roomys winkeltjie by die strand het heeltemal agteruitgegaan."
"Beautiful beach. Close to everything. Beautiful scenery. Calm and beautiful. Felt safe."
"Strande was skoon en nie overcrowded nie. Ons het baie lekker vakansie gehou. Uvongo en omliggende gebiede is ons vakansiemagneet, ons gaan elke keer terug."
"Rustige strand waar mens nie vertrap word nie. Ons was daar net voor piekseisoen. Nie die beste swemstrand nie. Kleiner kinders kan strandmeer en riviertjie geniet. Moet so 5 km ry vir goeie winkelsentrum (Shelly Centre). Verkeer kan in piekseisoen 'n uitdaging wees. Soek maar robot om in hoofverkeer deur dorp te kom, veral met regsdraai. Sentraal geleë om Natal Suidkus te verken met Scottsburg 45 minute noord en Port Edward 45 minute suid."
"Safe, friendly people, lots of activities and a lovely all round holiday package."
"Uvongo en omgewing is ons go-to vakansiebestemming. Die strande en selfs die dorpe was besonders netjies en skoon. Die paaie is bietjie sleg, maar hulle het daaraan begin aandag gee voor ons vertrek het."
"In vergelyking met ander, omliggende strande is Uvongo meer skoon en netjies en geskik vir vakansiegangers of sakereisigers. Dis 'n rustiger omgewing en meer veilig op die strande self. Daar is beslis baie doendinge en alles is lekker bymekaar, bv. winkels en ander sentrums asook 'n groot verskeidenheid restaurante. Ons kom altyd graag eerder Uvongo toe vir 'n gesinswegbreek op nie-vakansie-tye of midweke."
"Strand by Uvongo en Manaba asook getypoelareas word skoon en netjies gehou. Naweke wel 'n probleem met lawaaierige en dronk dagbesoekers."
"Uvongo. My favourite beach and the weekend market a must. I love Uvongo. I love the people, a safe holiday town and walking distance to all surrounding shops."
"Ek was 5 toe ek laas aan die Suidkus was, maar dit is regtig 'n pragitge kusdorpie en die mense is baie vriendelik."
"Baie mooi, alles bymekaar, mense baie gasvry en strande skoon en maklik bekombaar. Die dorp is mooi skoon. As julle nog nooit in Uvongo was mis jul baie. Dit was heerlik."