Geverifieerde Resensie
Uvongo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Uvongo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1011 resensies.
"Die Suidkus van KZN is weer 'n lekker plek om vakansie te hou. Die paaie in KZN is in baie goeie toestand en waar nie is hulle besig om dit reg te maak."
"Dis naby die see, die strand kan net skoon gemaak word daar is glas in die sand en plastiekstukke."
"Uvongo is vir my beter geleë, maar die verblyf is meer beperk as in Manaba en ook duurder."
"Baie oulike vakansiedorp, paaie is bietjie sleg en vol potholes, maar anders baie oulik."
"Lieflike plek met baie vriendelike mense wat gereeld raad gegee het oor die visvangplekke."
"Strande was lanklaas so skoon. Dankie aan elkeen wat hard gewerk het om dit so te kry na al die vloede."
"Love dit, die plek is skoon, en rustig. Weer was baie aangenaam toe ons hier was. Mooi strand, en plekkie vir visvang."
"All amenities were close by. Roads need some attention. A good holiday destination."
"Uvongo is experiencing several issues with water supply which can cause problems. This, however, was dealt with well by the lodge."
"'n Pragtige dorpie met 'n mooi strand, heerlike eetplekkies en oulike roomyswinkel. Die strandmeer (wat direk agter die strand geleë is) se water ruik onaangenaam - ons vermoed dit is weens die oorstromings wat onlangs plaasgevind het. Ons hele gesin het 'n maagsiekte opgedoen - ons vermoed dit kon dalk van die strandmeer se vuil water in die see gewees het wat ons so siek gemaak het."