Geverifieerde Resensie
Vanrhynsdorp
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vanrhynsdorp bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 391 resensies.
"Dit is 'n baie verwelkomende dorpie, maar bitter klein. Een nag hier is genoeg om alles te verken. Gaan eet gerus aandete by Letsatsi."
"Die skoonste dorpie wat ons in 'n lang tyd gesien het. Fantastiese natuurskoon en kwekerye."
"Very quiet town, not much to do but very pleasant people. Convenient gateway to the flowers."
"Vanrhynsdorp is nie groot nie en daar is nie veel op die dorp nie, maar ons het gegaan om weg te kom van die stad en sy bedrywighede, en daar is darem Vredendal wat nie te ver is nie. Maar ons kon alles wat ons benodig het vir die naweek op Vanrhynsdorp kry en was baie verbaas oor die hoeveelheid winkels wat op die vakansiedag oop was. "
"In blommetyd Aug/Sep elke jaar is 'n besoek aan Vanrhynsdorp en omgewing beslis aan te beveel."
"Goeie oornagbestemming met genoeg akkommodasie om van te kies en al die geriewe wat 'n reisiger benodig."
"Ek het grootgeword op Vanrhynsdorp, dit is altyd lekker om terug te keer en die rustigheid en bekendheid daarvan te geniet."
"Siende dat my oorlede man daarvandaan kom, moet dit herinneringe terugbring. Sal dit so gereeld as moontlik besoek."
"Vanrhynsdorp is lekker in die middel tussen Kaap en Springbok en maak dus die reis aansienlik korter."
"Good for a quiet getaway - good place for a writing retreat. The rare rump steak at the Red Ox was superb. "
"Die OK is 24 uur oop en het ALLES wat jy nodig het gedurende jou verblyf."
"Heerlike, rustige dorpie waar mens kan wegbreek van al die gejaag van die stadslewe. Daar is ook genoeg toeriste-aantrekkings om te besoek en meer van die omgewing te leer."