Geverifieerde Resensie
Vanrhynsdorp
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vanrhynsdorp bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 341 resensies.
"Goeie oornagdorp vir blommekyk en verteenwoordigers om Noord-, Suid-, Oos- en ook Weskus te besoek."
"Ongelukkig lyk baie van die geboue verwaarloos. Vanrhynsdorp se mense is uiters vriendelik, behulpsaam en altyd gereed om 'n heerlike, entoesiastiese geselsie aan te knoop. Dit wil voorkom of hulle, in teenstelling met die stad, nie die horlosie dophou nie, maar eerder daarop gefokus is om hulle tyd aan hulle besoekers te gee en soveel moontlik in hulle belang te stel en hulle tuis te laat voel. Baie dankie, Vanrhynsdorp, vir julle gasvryheid!"
"Gedurende blommetyd, is Van Rhynsdorp ideaal geleë. Die personeel van die hotel en die toerismeburo adverteer ander besighede in die dorp soos by die kwekerye en die oudhede uitstalling in die Ou Tronk. Het 'n baie aangename twee dae daar deurgebring."
"Not sure how the layout of the town is, as we were looking for ATM's and the ones found was not fully loaded. Maybe a town map of basic services!"
"Oulike dorpie, munisipaliteit kan dalk net bietjie meer instandhouding doen."
"Daar gaan volgens my kennis niks aan op die dorp. Net die basics. Die apteek het toegemaak. Moet na Vredendal gaan vir inkopies."
"Die plaaslike vetplant kwekery, Knechtsvlakte Kwekery, is `n moet om te besoek - die kwekery word uit die ou tronk op die dorp bedryf en verkoop alle tipe vetplante soos Beestong en Kwaggabal. Regtig `n oulike eienaar wat almal baie goed laat voel."
"Met sy eie identiteit, was die natuur, berge en plantegroei (veral die kokosbome), dit wat ons geraak het op hierdie klein dorpie. Op sy eie manier dra elkeen by, Letsatsi Lodge, Die Skoorsteentjie Cater & Craft, Knechtsvlakte Nursery, Namaqua Lodge ens. by tot die unieke karakter van Vanrhynsdorp."
"Great for the flower season and Klawer winery is close by and is worth stopping to buy some wines."
"Unieke karakter, eie aan Namakwaland. Toewyding en toeriste fokus, om slegs ’n paar te noem. Van ’n pienk winkel, ’n mooiste en geskiedkundige kwekery, tot ’n lodge met eienaars wat die passie het om Vanrhynsdorp die beste te verteenwoordig. Die dorp is ’n trotse toeristebestemming."
"Van Rhynsdorp is a town that many travellers pass through! It would be wonderful to see the residents taking more pride in the area by trying to keep parts of the town free from litter! This really distracts visitors' from staying in town. The Good Shop is certainly an improvement on any previous shops, so keep this one going - it was neat and clean!"
"Dit was 'n heerlike oornagplek. Skoon en netjies met vriendelike mense. Sal beslis weer gaan."