Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 10906 resensies.
"Clarens het niks eetplekke wat oop is vir besoekers wat nie drink nie na 17:00. Dink daar kort 'n plek wat bietjie later oop bly om by te eet. Dit is verder 'n rustig plek wat baie waardeer word. Wat van 'n museum of 'n info-plek. "
"Rosendal is 'n pragtige plattelandse dorpie waar mens kan wegbreek en rustig kan wees. Baie vriendelike mense, pragtige omgewing!"
"Ek het al vergeet hoe rustig en mooi die Noordelike Vrystaat is. Fantastiese omgewing. "
"Dit is 'n pragtige plek met 'n groot verskeidenheid winkeltjies en lekker eet en kuierplekke."
"It is great area for a stay over as a large variety of shops and eateries are close by, and access to the Highway is simple."
"Clarens is a darling as always, my favourite “leave the city behind” breakaway destination."
"Nie in die stad nie, maar nie te ver uit die middestad nie. Netjiese area met genoegsame koopsentrums en garages wat jou dus nie noop om alles in die stad te gaan doen nie. "
"Clarens is getting a bit tired and touristic but still a good base for exploring the eastern Free State."
"Ons was net daar vir Mighty Men Maluti, maar was geskok om te sien daar is nie 'n ketting winkel soos 'n Spar of iets en ook nie 'n wegneemeetplek soos KFC, alhoewel ons besef dis 'n klein plaasdorp so meer verwag. "
"Clarens is sekerlik een van die mooiste dorpies in die land en die inwoners is ingestel om dit aangenaam te maak vir besoekers. Die wye omgewing het baie om te bied - van Golden Gate tot omliggende dorpe."
"Clarens is 'n baie mooi en geskiedkundige ou dorpie. Sal graag op my tyd deur die winkels en strate wil loop, as dit nie so 'n besige tyd van die jaar is nie. Pragtige dorp."
"Dis 'n pragtige, historiese dorp, maar die dorp word nie instandgehou nie. Die paaie is vol slaggate en die middestad is vuil. Maar die mense op die dorp is vriendelik en behulpsaam en daar is pragtige gastehuise en monumente. "
"Gaan loer gerus in by Hoi Polloi-restaurant. Het ure lank rustig hier gekuier en baie lekker geëet! Die staptog in die koepel was die kersie op die koek van ons besoek."
"Ons het nie regtig tyd gehad om rond te loop in Bloemfontein nie. Ons ken egter die omgewing omdat ons oudste seun in Christiana bly en ons ten minste een keer per jaar die area besoek."
"Uitstekend!! Sal altyd weer terug gaan. 'n Gemeenskap sonder bedelaars, karwassers en karwagte. Dit is 'n skoon dorpie en ons het dit baie waardeer."
"Pragtige dorpie met aangename en vriendelike inwoners (veral besigheidsmense). Strate en van die geboue is baie verwaarloos."
"Pragtige rustige dorpie. Paaie met potholes baie gevaarlik tussen Reitz en Fouriesburg. Om daardie rede sal ek nie Clarens gou weer besoek nie. "
"Bietjie verder van die universiteit as wat ek gedink het. Nie veel tyd in die area spandeer om werklik 'n opinie te kan lewer nie."