Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 10906 resensies.
"Ek het die kunsgalerye baie geniet. Daar is 2 wat uitstekende kuns uitstal. Dis 'n pragtige skilderagtige dorpie waarin mens ten volle kan ontspan en dit bied goeie restaurante en geriewe. "
"Clarens is 'n heerlike plek om vakansie te hou. 'n Mens voel sommer ontspanne. Almal is vriendelik & dan is die plekke nog diere-vriendelik ook. Sal Clarens vir enige iemand aanbeveel."
"Daar is plekke wat erg verwaarloos is. Die groot probleem met alle plattelandse dorpe deesdae. Al die plekke wat egter deur private eienaars besit en bestuur word, word goed onderhou."
"Die dorp is verwaarloos. Ek was met heimwee vervul om al die ou huisies so vervalle te sien. Dit was goeie fotomateriaal! Die ligging aan die hoofpad maak dit ideale oorslaapplek. "
"Ek was 'n jaar gelede in Clarens gewees en wat my opgeval het die keer was die aantal karwagte wat daar was en 'n jaar gelede was daar niks gewees. Dit is so onnodig om die mense te hê (ek het my lisensie en weet hoe om te parkeer)."
"Too many potholes. Too many trucks that making driving in the little town a headache."
"Plattelandse dorpies het hul eie bekoring. Gaan krap en loop rond in al die winkeltjies en omgewing. Soek en jy sal iets vind wat jou laat tiek."
"Baie lekker rondgeloop in Clarens, al die winkeltjies deur van voor tot agter. Baie besig gewees, veral sekere van die eetplekke, maar dit het ons nie afgesit nie."
"Pragtige, rustige dorpie. Van die besighede sluit te vroeg. Sommiges is al 15:00 gesluit. Gewoond in die stad is besigheidsure ten minste tot 17:00."