Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 10906 resensies.
"Ons het heerlike geëet by die Koshuiskroeg en -restaurant en ook by Benjamin's. Almal is baie vriendelik en het ons tuis laat voel."
"Die rustigheid en berge van Clarens is kos vir jou siel! Dit is eintlik so naby aan Bloemfontein, mens moet meer 'n tydjie maak om daarheen weg te breek."
"Baie lekker met vriendelike inwoners. Uiters geskik vir toeriste wat die natuur wil verken en die omgewing sal waardeer."
"Dit is 'n baie stil omgewing naby 'n groot winkelsentrum. Goed geleë indien besienswaardighede in Bloemfontein besoek wil word."
"Parys het 'n rustige atmosfeer, winkeltjies maak eers na 9 oop, geen kaartfasiliteite om iets te koop nie. Baie antiekwinkels en ware se pryse is goedkoop. Heerlike eetplekke vir ontbyt, middag of aandetes."
"Baie aangenaam. Stel voor hulle moet pad om middel blok 'n one way maak. Voertuie kan nie albei rigtings ry nie, te min spasie."
"Clarens is nie meer die ou Kunstenaars dorpie van 10 jaar terug. Te veel Afrika winkels wat die mooi wegvat."
"Ons love Clarens, absoluut 'n pragtige dorpie en sal baie langer daar wil kuier as net 'n naweek."
"'n Mens voel veilig en ontspanne in die mooie Clarens met sy talle inloerplekke en eetplekke te kies en te keur. Dan is Golden Gate ook net om die draai. "
"Ek het nooit geweet van die Vredefort dome en die geskiedenis daaragter nie. Ongelukkig kan mens nêrens inligting hieroor kry nie, daar is ook nie 'n plek waarheen mens kan ry om na van die impakgedeeltes te gaan kyk nie. Dis 'n groot geleentheid wat gemis word; selfs die museum was gesluit met geen tye vir opening daarop nie. Groot jammerte."