Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 10906 resensies.
"Clarens is 'n pragtige dorpie en die natuurskoon kan mens nie beskryf nie, 'n moet sien."
"Nie vir bejaardes en gestremdes. Geen behoorlike beweegplek op sypaadjies vir strollers en rystoele."
"Baie oulike plaasdorpie met vriendelike mense en interessante winkels en kuierplekkies."
"Parys is onbeskryflik. Beslis prentjie mooi, kunstenaars dorpie, vintage, nostalgies mooi. Jou gedagtes verdwaal beslis daar met al die mooi. Die gasvryheid staan beslis uit in die dorp en nie eers te praat van die kos nie! Parys is uniek."
"Asemrowende natuurskoon in die omgewing. Ons het verkies om die omgewing te gaan verken, i.p.v. die frustrasie van "crowds" in Clarens self. Clarens raak baie gekommersialiseerd en dit raak 'n miernes van bedrywighede en mense wat uiters swak en selfsugtig bestuur."
"Dit is 'n juweel van 'n dorp en kan 'n voorbeeld vir baie ander plekke wees. Ons het dit baie geniet sal weer terug wees."
"Regtig 'n heerlike plekkie om te gaan rus, weg van al die elke dag se geskarrel in die stad. "
"Net jammer die Ladybrand stadsraad se paaie in die dorp se onderhoud word glad nie (meer) gedoen nie, so mens swem en mik tussen al die slaggate tot by Little Rock se hekke. Verder als goed dankie."
"Daar is verskeie weggesteekte juwele in die Vrystaat. Moet die plekke meer bemark."
"Net so koud soos ek onthou. Munisipaliteit moet dringend aandag gee aan die slegte paaie van die dorp. "
"Baie om te sien kuns gewys, maar paaie het baie slaggate. Ook baie vullis wat al langs die rivier rondlê."
"Baie lekker atmosfeer en fantastiese gasvryheid. Ons het dit baie geniet. Baie dankie."
"Clarens is 'n lieflike klein dorpie om na te ontsnap om van die gejaag en geraas van die stad."
"Baie mooi plek, afgesien van al die slaggate in die strate, asook straatligte wat nie geduurende die nag brand nie. Slaggate in die strate kort vir seker dringende aandag."