Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 10906 resensies.
"'n Stil, rustige dorpie met baie winkeltjies om te besoek en oulike koffiewinkels en restaurante."
"Rosendal het my verwagtinge oortref! Ek reël reeds my volgende besoek. Ons het so welkom gevoel daar. Baie lekker geëet by elke plek, en nog lekkerder saam met die plaaslike mense gekuier en geleer. Die restaurante daar sal maklik 'n groter dorp s'n ore aansit."
"Stopping to take in the view and appreciate the beauty turns a 10-minute trip into half an hour. Absolutely beautiful. But breakfast and dinner can get rather expensive."
"Was daar vir opleiding. Sal nie van toerisme kan praat nie. Was voorheen daar, maar moet erken, weet nie juis van interessante plekke nie."
"Bloemfontein is 'n goeie bestemming, maar daar is plekke soos die middestad wat liewers vermy moet word, want dit is verwaarloos en infrastruktuur word nie in stand gehou nie. Voorstede is baie netjies en die pad se uitleg is maklik."
"Hierdie dorp se ideale ligging, naby Clarens en ander klein meer besige dorpies, maak dit ideaal. Wens net die stadsraad wil die dorp se paaie opgradeer. Slaggate is verskriklik!"
"A lovely place to visit. Loved all the shops and restaurants. Well-defined hiking trails. Something special for all. Well worth a visit."
"As 'n halfpadhuis tussen Johannesburg en die Oos-Kaapse kus is Smithfield ideaal."
"Bloemfontein is 'n stad wat baie vir die besoeker bied - veral as jy lief is vir geskiedenis."
"Stad het baie agteruit gegaan die laaste klompie jare. Strate vol "potholes" en baie vuil."
"Drie sterre is al klaar bietjie te veel. Die stad kom meer vervalle voor as ander groot stede, alhoewel ek moet sê dit het beter voorgekom as met ons vorige besoek."
"Ons gaan al jare na Parys, maar kan sien dat die dorp agteruitgaan. Nie meer dieselfde ervaring as 'n paar jaar gelede nie."
"Die grondpaaie in die dorp was in party strate baie verspoel en die reën het baie modder veroorsaak in sommige strate. Dit sou soveel lekkerder wees indien al die strate geteer kon wees."
"Ek hou baie van Bloemfontein. Die middestad is net bietjie verwaarloos, maar so is alle middestede van die land."
"Clarens is expensive, and unfortunately overrated. I would appreciate more things to do, not just shopping, and the occasional extreme sport."