Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7972 resensies.
"Lekker stil dorpie. Paaie is net vol gate, maar anders voldoende vir oornag-akkommodasie."
"Pragtige dorp. Die Bethlehem Munisipaliteit moet net aandag gee aan die strate wat besig is om baie agteruit te gaan."
"Klein, rustige dorpie wat jou herinner van die plaas. Dit bring 'n rustigheid oor jou siel."
"Wens net die plaaslike regering wil die strate van Clarens teer of plavei. Die onlangse reën het slote en gate oral oor in die strate gestoot en dit was regtig onplesierig."
"Dit is ons tweede besoek in Clarens en ons is teleurgesteld oor agteruitgang van strate, asook niks nuut beskikbaar."
"Ken Parys goed. Het heerlik by O's gaan eet een aand. Kan dit ten sterkste aanbeveel."
"'n Pragtige, geskiedkundige dorpie vol warm mense. Die dorpie is goed versorg en dit is netjies. Die historiese huisies en kerk is 'n moet om te beleef. Ek is so bly daar is begin om Philippolis weer op te bou. Vrystaatregering moet net die pad na die dorpie opknap."
"It is unfortunate that the road to Philippolis is not maintained and full of potholes, because the town is a good location for travellers looking for overnight accommodation."
"Ons was kersdag daardeur, so amper als was toe. Eetplek gesoek, maar niks gekry die oggend nie. Mooi dorp."
"Ons het nie kans gekry om by die oulike winkels en restaurant 'n draai te maak nie, maar sou dit regtig graag nog wou doen."
"Pragtige, ou plattelandse dorpie met lieflike winkeltjies en heerlike restaurante."
"Soos elke ander klein plattelandse dorpie in Suid-Afrika sukkel Philippolis met diensverskaffing, maar dit skrik nie dié klompie hardwerkende, vriendelike mense af om hulle dorpie sélf te onderhou nie. Welgedaan."
"I'm giving it a 4/5 because of the poorly maintained roads, be very cautious when driving from Johannesburg. There are major potholes en route and not many petrol stops. Overall, stunning views."
"'n Rustige plattelandse dorpie met die mooiste natuurskoon. Skoon en netjies. Baie aktiwiteite vir oud en jonk."
"Bethulie is 'n mooi geskiedkundige plek en met baie vriendelike mense. Ons het by van die inwoners gehoor dat hulle saam met die munisipaliteit werk om die paaie en dorp op te knap."
"Eerste keer in Clarens. Baie mooi dorpie met pragtige berge, maar soek nog na 'n wow-faktor. Vele winkels, restaurante en staproetes. Was ook by Golden Gate, maar weet nie of ons sommer gou weer sal terugkeer nie. Dink ander plekke in Suid-Afrika bied meer."