Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 10906 resensies.
"Mens sien die Vrystaat as 'n dor, plat stuk land in Suid Afrika, maar as mens nie voet plat sit wanneer mens daardeur ry sal jy mooi sien van die Vrystaat."
"Naby geleë aan groot winkelsentrums, sportstadions, hospitaal en universiteit. Stil voorstad van Bloemfontein en heel gepas vir gastehuise."
"Sou graag meer dinge wou doen maar omdat ons as gesin met 'n 1jaar oue baba daar was, was alles maar beperk. Sal heerlik wees as daar meer dinge te doen is vir mense soos in ons geval. "
"Straat aanwysing is nie aangebring op alle paaie nie, dit bemoeilik om vinnig by adres uit te kom."
"Parys se winkeltjies was altyd uniek, maar dit raak nou afgewater elke winkel het dieselfde produkte, eetplekke is ook nie op standaard en diens nog minder."
"Dis waarlik die Vrystaat se juweel. Dis enige toeris se droombestemming!"
"Lekker naweek plekkie, het net 'n groot hekel in hul strate wat nie naambordjies het nie!"
"Clarens is die perfekte naweekwegbreek. Het heerlik gekuier met goeie kos en drinkgoed. Clementines het die beste "pork belly" en heerlike "gin on tap". The Posthouse kry die vriendelikste diens-toekennning, want selfs my klein hondjie was behoorlik op die hande gedra. Ons sal meer gereeld moet kom kuier."
"Het op Vrede grootgeword en Harrismith was ons aartsvyande! Was altyd mal oor die dorp, maar soos alle plattelandse dorpies, wys die tekens van die tye ongelukkig op almal."
"If you are looking for a relaxing weekend or a place to explore our beautiful countryside then Clarens is the place to visit. Beautiful local shops and many restaurants."
"Dit is verseker 'n toeriste mekka vir almal wat van stilte en buitelewe hou. Daar is verseker ook genoeg vir die wat graag in snuisterye winkels wil ronddrentel. Lekker koffie en kos oral te vind. Dan is Golden Gate net hanetreetjie daarvandaan en toegang tot baie aktiwiteite."
"Dis jammer dat van die aantreklikhede soos die Rosa Restaurant en die Teater nie meer in gebruik is nie. As jy bietjie rus en vrede vir jou siel soek is Rosendal die plek om te wees. Die pad vanaf Senekal na Rosendal is nie baie goed nie."
"Ons kan beslis Die Plaasstoep aanbeveel vir enige etes. Die kos is heerlik!"