Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 10906 resensies.
"Fouriesburg is 'n pragtige dorpie met vriendelike mense, van die winkeltjies is net rerig "overpriced" met hulle produkte."
"'n Pragtige skilderagtige dorpie met die oulikste winkeltjies en daar is ietsie vir almal. Die restaurante en koffiewinkeltjies is baie aangenaam. Die Putt-putt en Ziplines maak dit 'n lekker plekkie vir die hele gesin."
"Groot plek en alles mooi uiteengesit om plekke vinnig te vind en sekuriteit baie behulpsaam daar."
"Clarens is ideal net omdat dit tussen die mooiste berge is en so stil. Die dorpie self is baie duur en ons het net 2 ure daar spandeer. Net die kuns gaan waardeer. Clarens self bied nie veel vir 'n gesinsvakansie nie."
"Ons was baie verras met die vriendelikheid in die stad. Daar is ook baie geskiedkundige plekke om te besoek."
"Mens voel net lus om terug te sit en te kuier. Ek was al baie daar en sal verseker teruggaan!"
"Die dorp gaan agteruit en ons het nodig dat die gemeenskap moet saamstaan om hierdie 'n noemenswaardige plekkie te maak."
"Vir die reisiger wat kuns waardeer en daarvan hou om uit te eet. Vir die wat van avontuur hou en die buitelewe waardeer is daar ook geleenthede. "
"Baie oulike en "quaint" dorpie met die heerlikste hoekies en eetplekke. Oorvloed kuns en karakter."
"Coming from Johannesburg and never been to Parys before, we relied on the internet to make dinner reservations. With a choice of two restaurants recommended by our host, I fortunately made the right decision to choose O's. Only after seeing the restaurant did I realise how beautiful the restaurant was, they definitely need to jack up their website, the photo's on there don't do any justice to the beauty of the restaurant."
"Dit is 'n pragtige dorp met baie om te doen, veral as jy 'n kunsliefhebber is. Die berge is ongelooflik. "
"Jacobsdal het my verras met al die geskiedkundige plekke wat mens daar te sien kry. Die ou blokhuis, die pragtige wit kerk en die ander ou geboue. Dit is ook net 'n klipgooi weg van Magersfontein af. As mens hou van historiese dinge is hierdie dorpie 'n moet sien."
"Dis pragtig, baie om te doen, lekker eetplekke, ontspannend, veilige omgewing, die mense is vriendelik, genoeg plekkies vir die vrou om te shop en heelwat dinge vir die manne. Ek gaan verseker so gou moontlik terug."
"Fantastiese dorp - ons sal beslis weer die dorp besoek! Die mense is ongelooflik vriendelik, ek wens JHB was meer soos Parys! "
"Die gastehuis is in 'n stil straatjie, af van die besige dubbelpad. Dit is gerieflik naby die hipermark, Hyperama en Rosepark Hospitaal. "
"Nice stop-over to Durban on our way back from Cape Town, with another earlier stop in between on the way at Travalia (Three Sisters). Just makes travelling the 1700 kilometres that little bit easier as the distances between stop-overs are acceptable. Other than this there is not much one can rave about."