Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 10906 resensies.
"Very quiet on a Sunday afternoon and evening. Only one B&B provides Sunday supper, if you book in advance. All the restaurants are closed."
"As oud Bloemfonteiners wat in die omgewing gewoon het, sal ons dit altyd aanbeveel. 'n Baie boomryke omgewing wat 'n rustige atmosfeer skep."
"Quaint little town. Both vibrant and peaceful. Lots to do and see (before 17:30). We Ziplined at Clarens Xtreme. The children had loads of fun and the staff was helpful and friendly. Safety seems to be a high priority. We struggled to get a place to eat dinner with children as most places closed at 17:30. The variety in the supermarket is limited. Clarens Xtreme also has a lovely Ossewa camp just outside Clarens for groups or families. Lovely setting and good facilities. We took a youth group during a previous trip and had great fun! Ollie Esplin (the owner) is also very knowledgeable about the geography (stone formations, etc.) and the history of the area. Worth a trip with him. "
"Ons het die plaaslike Spar besoek. Dit was 'n aangename koop-ondervinding. Ons verneem toe daar dat daar "openbare" toiletgeriewe so 'n paar deure verderaan beskikbaar is, waarvan die "toegangsgeld" R4.00 beloop. Toe my vrou haar R4.00 betaal, word sy meegedeel dat daar geen toiletpapier beskikbaar is nie. Hou in gedagte dat die Spar enkele deure daarvandaan weg is! Gelukkig hou ons altyd "noodvoorraad" in ons voertuig aan. Daar is ongelukkig net één manier waarop die toiletgeriewe beskryf kan word: dit ruik baie sleg. Dit is van daardie tipe reuke wat nog lank daarna as het ware in 'n mens se neus bly hang. Ek het vanaf ons huis in Potchefstroom probeer uitkom by die eienaar van die gebou waarin die betrokke toiletgeriewe geleë is, maar ek was tot dusver onsuksesvol."
"Philippolis is 'n stil en rustige dorpie. Ons het laataand van die restaurant af geloop tot by die gastehuis en het veilig gevoel. Die sterrehemel was iets om te aanskou! En om vroegoggend 'n haan te hoor kraai was 'n pluspunt vir my! "
"Clarens is 'n pragtige dorp, die mense is vriendelik en pryse is oor die algemeen redelik en aanvaarbaar."
"Fantastiese eetplekke, maar die craft winkels gaan baie agteruit. Die voorraad bly al vir jare dieselfde."
"'n Opregte Vrystaatse dorpie, in 'n uitsonderlike omgewing."
"Clarens is sekerlik een van die mees idealistiese dorpies in die Oos-Vrystaat indien nie die hele Suid-Afrika nie. My vrou het haar hart verloor op die plekkie."
"Baie mooi dorpie met baie antieke winkels vir mense wat graag oudhede versamel."
"De Vette Mossel is oorprys. Enigste seekos op die menu was mossels en snoek. Sal dit glad nie aanbeveel nie."
"'n Uitsonderlike, pragtige omgewing met interessante winkels en eetplekke loopafstand binne die dorp. Baie lekker geëet by restaurante."