Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 10906 resensies.

Clarens, Vrystaat

Titanic View - Place of Peace

"1. Daar is 'n effense tekort aan tydige sitplek by Restaurante met aand etes a.g.v. die hoë volume besoekers oor naweke. 2. Ons het gevind dat daar nie genoegsame opvallende inligting vir toeriste is van die omgewing nie. 3. Grondpaaie in Clarens blyk of dit nie genoegsaam in stand gehou word nie, alhoewel dit bydra tot die estetiese waarde van 'n outydse dorp. 4. Vir die man uit Sandton wat met sy sportmotor en drankie in die hand 'n naweek wil geniet: 5/5. Vir die res van ons wat in die buitelug wil ontspan, aktiwiteite en geskiedenis wil geniet: 3/5 (nie dat Clarens 'n gebrek het daaraan nie, maar eerder dat dit nie as die waardevolste kenmerk van die dorp voorgehou word nie). Vir die persoon wat aangetrokke is tot tipiese vlooimarkte: 4/5 (bv. stalletjies/winkeltjies met eetgoed en plekke met unieke memorabilia uit Clarens, gedenkwaardighede en aandenkings)."

Clarens, Vrystaat

Die Kruik

"It's an amazing place with beautiful mountains. We took beautiful pictures that attracted our friends as well."

Parys, Vrystaat

Dew Drop In Garden Cottage

"Parys is cool, I will loved to visit more often."

Clarens, Vrystaat

Rosewood Corner

"Fantastiese bestemming vir 'n naweekwegbreek !"

Clarens, Vrystaat

V'Kansi Khaya

"It was my first time to Clarens. It's a really nice break from home and the stress of Gauteng. I will be back. Lovely and impressed with this side of the world where stress is lifted from you and you don't want to go home."

Pellissier, Vrystaat

Like a Rock

"Lekker stil en rustige area."

Pellissier, Vrystaat

Furnace Lodge

"Heel sentraal vanwaar ons gery het na die venue. Lekker stil en skoon area."

Parys, Vrystaat

Dew Drop In Garden Cottage

"Parys is lekker met antieke winkels en eetplekke. Lekker vir 'n naweek. Strate kort net aandag en meer naglewe op naweke en laat middae sal aanbeveel word."

Fouriesburg, Vrystaat

Die Ou Pastorie

"Ons het heerlik geëet en gekuier by die hotel en die diens daar was ook uitstekend! Ons sou die Sondag na on reis na Lesotho in Clarens gaan eet het, maar het besluit om weer by die hotel te eet, en dit was weereens heerlik en ongelooflike waarde vir geld! Daar is ongelukkig seker nie veel om te doen nie andersins nie, maar is verseker 'n moet vir oornag op pad om te gaan ski in Lesotho!"

Clarens, Vrystaat

Casa Bianca

"Wonderlike dorp, lekker bergfietsroetes en pragtige golfbaan! "

Clarens, Vrystaat

Zwartmodder

"Ons kom weer - maar wil dit volgende keer in die somer doen."

Clarens, Vrystaat

Knock Out View

"Clarens is een van ons gunsteling plekke om te besoek en probeer om ten minste een keer per jaar Clarens te besoek."

Fouriesburg, Vrystaat

Uitzicht Private Game Reserve and Lodge

"Vreeslike oulike dorpie, met baie interessante winkeltjies en eetplekke!"

Parys, Vrystaat

Studios @ Delver

"Ons hou van Parys sal weer graag wil gaan."

Parys, Vrystaat

Schilbach House

"Parys is wonderlik... Ons was 4 dae daar, maar nog 'n 7 dag week sou dalk genoeg gewees het om orals te kyk en geniet. Dit is beslis 'n plekkie waarheen jy kan verdwyn! Heerlik!"

Fouriesburg, Vrystaat

Goedgeleë

"Ideale plek om as basis te gebruik vir dagtrips na Clarens en Afri-Ski (sowat 90 km) in Lesotho. Ou dorp sonder groot supermarkte, maar een of twee goeie restaurante. Die naaste punt aan Caledonspoort-grenspos na Lesotho."

Universitas, Vrystaat

Edaneg

"Baie sentraal geleë en dit is 'n relatief rustige, stil omgewing."

Clarens, Vrystaat

Ashbrook Country Lodge

"Clarens is altyd 'n gunsteling vir ons omdat daar so baie is om te doen en te sien. Dit is 'n maklike vakansie met kinders."

Fouriesburg, Vrystaat

Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue

"Pragtige dorpie en mense is baie vriendelik."

Clarens, Vrystaat

Amaluti

"Plek se netheid laat veel te wense oor! Sypaadjies onnetjies en ongelyk. Hulle kan gerus die pad om die middelste eiland 'n one way maak, dit sal menige probleme oplos. Egter steeds 'n lieflike bestemming!"

Clarens, Vrystaat

Thaba Lapeng Mountain Escape

"Winkels moet oppas om dieselfe produk te verkoop."

Clarens, Vrystaat

235 @ Clarens

"Baie besig met duisende besoekers. Restaurante is oorvol en dit is belangrik om vooraf te bespreek anders gaan jy sukkel om 'n eetplek te kry. 235@clanrens is egter so lekker dat jy net sowel by die huis kan bly en self kos maak. Daar is in elk geval Anna wat stiptelik om 09:00 elke oggend opdaag om skoon te maak. Clarens bly egter 'n baie mooi plek om te besoek. "

Fouriesburg, Vrystaat

The Old Country House and Cottage

"Lieflike klein dorpie met baie karakter en geskiedenis."

Bloemfontein, Vrystaat

Elior Guest House

"Pragtige stad en gerieflike oornagfasiliteite indien daar oornag moet word!"

Blad
Blad 324 - Wys 9691 tot 9720

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang