Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 10906 resensies.
"Baie klein dorpie met 'n baie indrukwekkende brug wat die langste brug in SA is."
"Oulike dorpie en Vaal de Grace Golf Estate is pragtig! Die paaie is net in 'n swak kondisie."
"Clarens is wow, asemrowend met die berge en bome en grondpaaie. Mens kan oral loop en fietsry, daar is baie kuns en interessante winkels. Die restaurante is bietjie duur, seker maar gemik op die oorsese mark."
"Baie oulike plekke besoek soos Naval Hill, Botaniese Tuine en Cheetah Experience (dit is net jammer dat al drie genoemde plekke se restaurante toegemaak het). Sentraal om wonderlike omliggende plekke te besoek soos Black Mountain met 'n puik uitsig en wonderlike restaurant, asook Maselspoort met die beste supertube en skoon terrein. Vrystaat kan gerus meer moeite doen om hierdie wonderlike plekke te bemark en eerder inligtingsborde oor byvoorbeeld Sannaspos afhaal, want daar ry mens teen 'n geslote hek vas sonder om iets besienswaardig waar te neem. Ses dae was te min, het nie eers by enige museum uitgekom nie. Wou Bagamoya Wildlife Estate besoek, maar hulle was gesluit op Maandae en Dinsdae!"
"Die winkels is pragtig, maar duur! Om R 80 vir 'n piepklein botteltjie konfyt te betaal is belaglik. Ek sal miskien weer daardeur ry om die natuurskoon te bewonder, maar die winkels sien my nie weer nie. Ek is seker mens sal in Londen beter waarde vir jou geld kry. Ek dink dis 'n skande om besoekers so uit te buit!"
"The best! Had a wonderful 3 days in Clarens! Can't wait to visit again! Great tourist destination for outdoor adventure, restaurants all excellent and great variety. Awesome scenery! A definite destination for a relaxing weekend."
"Natuurskoon baie mooi. Egter vreemd dat winkels reeds om 16:00 toemaak en meeste restaurante reeds om 20:00."
"Interessante plekkie waar mens die gevoel kry dat die dorpie sy kop begin optel en iets kan aanbied vir die reisiger."
"'n Baie rustige omgewing, die mense is vriendelik en behulpsaam."
"Vrek mooi dorpie! Sal verseker weer eendag kom kuier! Baie interessante, geskiedkundige dorpie!"
"Clarens is a wonderful little town, and we will come back for more! This was our 3rd visit!"