Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 10906 resensies.
"Dit is 'n baie nice plek om 'n naweek weg te breek, sal definitief vriende aanbeveel."
"Strate vol slaggate, vol vullissakke orals te sien. Sekere areas wel skoon en netjies."
"Bloemfontein bly 'n goeie sakesentrum, goeie dokters en hospitale en 'n aanwins vir sentrale Suid-Afrika."
"Dit was ons eerste kuier aan Clarens. Dit was 'n wonderlike ervaring. Die dorp self is pragtig. Die natuurskoon van die omgewing maak dit 'n baie spesiale bestemming."
"Ons dink is goed om Bethulie te gaan ervaar. Veral indien jy baie van geskiedenis hou. Klein dorpie met heerlike etes by die Ou Kar."
"Die dorp is baie verwaarloos. Die gras is baie lank langs die strate en die teerpaaie is 'n nagmerrie."
"The biggest challenge about the town is the scarcity of water but thanks to the host La Bella guest house made sure that we don't suffer from that."
"Jy moenie 'n Spar of PnP of so iets verwag nie, maar daar is 'n baie oulike klein Supermark in Riempies en dit voel asof jy teruggevoer word in tyd as jy daar instap! Al die ou toerusting en blikke en tikmasjiene en goed teen die muur maak 'n mens skoon nostalgies. Die slaghuis hierbinne het pragtige vleissnitte en jy sal beslis nie honger gaan slaap nie! Daar is iets van alles in hierdie winkel. Die Jacket Shop by Riempies is ook iets wat jy nie wil misloop nie. Daar is ook 'n klein, "sentrumpie" by die garage wanneer jy nou na die middedorp toe gaan. Daar is ook 'n klein winkeltjie as jy nog goed soek. En dan, Treat. O, mense! Bederf jouself! Clementines is ook 'n moet-probeer. En die klein winkeltjie, Kuier. Dit was net so lekker. Ons het al die winkels geniet en hier is beslis iets na elke smaak! Moet ook nie die Kaasplaas, Baris mis nie. Ons het dié lekkerste kaaskoek ooit daar gekry! Volgende keer gaan ons beslis meer in die omgewing rondry en plekkies besoek. Golden Gate se berge is natuurlik ook 'n absolute hoogtepunt en is asemrowend!"
"Pretty surroundings, but the roads in the town are in poor condition and need to drive carefully."
"Clarens is SA se bes-bewaarde geheim. Hier kan jy perdry, op die Asrivier roei, 'n staproete doen, die Golden Gate Nasionale Park besoek of sommer net in die winkeltjies en eetplekke rondlê. Dis die ideale naweekwegbreek vir Gautengers. Moenie die kaasfabrieke net voor jy by die dorp kom, misloop nie!"
"Lieflike dorpie met baie doendinge en snuffelhoekies. 'n Kuns paradys vir kunsliefhebbers. 'n Moet vir die "bucket list.""
"Meer as genoeg om almal besig te hou, gaan probeer gerus die white river rafting."
"Vir 'n deurgang op pad, of familie-byeenkoms is Kroonstad lekker sentraal geleë. Ek het groot geword daar maar die dorp het baie agteruit gegaan. Die inwoners het egter in dele van die dorp baie opknappings werk gedoen en is Kroonstad gevolglik as Kwela Dorp van die Jaar 2022 aangewys. Nie baie toeristeaantreklikhede in die dorp nie."
"Ons was al verskeie kere in Clarens en geniet dit elke keer om net deur al die winkeltjies te dwaal en weer iets interessants te ontdek. Daar is baie te doen vir die jonger geslag en vir ons wat net wil stap, is daar gemaklike staproetes. By die restaurante is daar goeie kos en wyn én jy kan daar sommer net lekker sit en kuier. Golden Gate altyd 'n moet om te ervaar, die mooiste natuur in Clarens se omgewing!"
"Unfortunately the weather, it was raining. Great place, I really enjoyed it."