Geverifieerde Resensie
Waterberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Waterberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 2618 resensies.
Mabalingwe Nature Reserve, Waterberg
Mabalingwe Itaga 619"Die reservaat is gerieflik naby Gauteng. Daar is baie wild en die wild is in 'n goeie kondisie. Dis baie gerieflik en lekker om self te ry vir wild besigtiging. Alhoewel ek Mabalingwe weer sal besoek, is die kommersiële aard van die reservaat nie heeltemal waarna ek soek in 'n boswegbreek nie."
"Was al by verskeie plekke in Waterberg/Vaalwater-omgewing. Elkeen het eie tipe bekoring. Gewoonlik waarde vir geld."
Mabalingwe Nature Reserve, Waterberg
Tiru Lodge"We loved just being in the bush, and saw some animals - the views were great and I would recommend it as an easy bush break close to the city."
"Met die wonderlike klimaat is die Waterberg altyd 'n wenner."
"Naby aan N1 gelee. Skoon met 'n mooi winkelsentrum. Goedkoop braaihout lang en avos lans die pad."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Rustig in die Bosveld - Snuifpeul"Baie rustig met min mense om jou, maar genoeg diere om jou besig te hou . Die winkel het alles wat jou hart kan begeer."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Rustig in die Bosveld"Aan die einde van die maand is daar 'n mark, waar inwoners die heerlikste eetgoed verkoop. Onthou dus om kontant saam te vat, die naaste kitsbank is op Koedoeskop so 13 km se ry."
"Die dorpie self is oulik met 'n paar restaurante, koffiewinkels en pragtige uitsigte van die Waterberge. Ons was een oggend by die Marakele Nasionale Park, alhoewel ons nie baie diere gesien het nie. Daar is 'n uitsigpunt (Lenong viewpoint) wat 100% die moeite werd is om te sien."
"Daar is so baie opwindende avonture wat 'n klipgooi van De Schuur af is, wat ek vir seker vir enige een wat in en om die omgewing is sal aanbeveel om op jou lys van aktiwiteite neer te pen. Een van hulle is die Cheetah conservation. Kyk as jy 'n liefde het vir diere, of kom ek sê so, die katspesie, gaan jy vir seker nie teleurgesteld daar weg stap nie!. Hulle bied n volledige toer aan waar jy so baie van die katspesies en so ook van vele ander diere kan leer dat jy waarlik met nuwe oë en waardering na diere asook die natuur sal kyk. Nog 'n wonderlike plekkie om te besoek is Oom Peet se Padstal. Kyk, daar kan jy nou lekker indelf in die lekkerste kos en melkskommels tot handgemaakte goed, tuisgebakte brode en besonderse mooi meubels wat uniek is en met baie liefde deur Oom Peet self gemaak word. Die Waterberge is en sal altyd op my lys bly van nog 'n vakansie-avontuur waarna ek kan uitsien."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Rustgevonden"Leeupoort is baie stil en rustig. Definitief 'n aanwins vir die natuurliefhebber."
"I go on holiday annually to Modimolle and love it. It was most unusual for it to be that cold during this time. It is usually very pleasant weather in June/July. If you find a lovely place to go on holiday in Modimolle I would highly recommend it."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Leeupoort Boshuis"Dis pragtig in die Bosveld geleë en die wild stap tussen die huise rond. 'n Onvergeetlike ervaring."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Endorphin Expeditions"As jy jou siel wil laat rus, is dit beslis die plek om by aan te klop."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
148 Kameeldoring"Baie lekker. Eerste keer in jare wat ons die melkweg kon sien."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Disa 336"Lekker gesellige, veilige kuierplek. Sal dit weer besoek."
Lephalale (Ellisras), Waterberg
Shanyane Guesthouse"Dink nie dorp self gaan toeriste gelukkig maak nie. die omgewing, insluitend plase is wel die moeite werd om te ondersteun."