Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Albertinia het so diep in ons harte gekruip, dat ons besluit het om daar te gaan aftree!"
"Beautiful place. Strand Beach is not far and worth going there, isn't busy at all. All shopping places are close by."
"Vleesbaai is 'n wonderlike, rustige klein kusdorpie wat ons onmiddellik welkom laat voel het. Ons het geen oomblik onveilig gevoel nie en ons kon kilometers langs die strand stap."
"After we left Hawerland we came to Clanwilliam Dam. And extended our stay. As a few days on the water has been a great way to end the trip and a brilliant way to start the new year. "
"Daar gaan nie veel aan nie. Strande is nie lekker nie. Mooi strande is toegebou. "
"Dis 'n baie lekker swem- en speel-strand vir die hele gesin en veral vir klein kindertjies."
"Ons is rêrig so geseënd om in 'n land te wees waar plekke soos Glentana bestaan ─ ongerep en pragtig! "
"Ons het te min tyd in Wildernis spandeer. Ons het wel 'n week later teruggery uit Groot Brakrivier om in Wildernis te gaan quad-bike ry. Dit was amazing. Die Flava Cafe om die draai van die Caltex-garage aan die suidelike kant van Wildernis is ook 'n moet ─ hulle burgers en wraps is hemels."
"Selfs die heersende dorre omstandighede van die Sentrale Karoo, maak dit steeds 'n wonderlike toeristebestemming."
"Oujaar/Nuwejaar op Arniston is 'n moet!! Vuurwerk-vertoning was fantasties!"
"Private, secluded and safe too. Will surely recommend Plattekloof area to tourists too."
"McGregor is ideaal om te ontspan en introspeksie te hê. Sal nie aanbeveel vir kinders nie."
"Die beste plek om vakansie te hou. Stil, skoon, veilig, naby alles ─ net fantasties."
"Dit is baie mooi daar en ek en die honde het die stap deur die strate geniet. Dit is effens ver van winkels af, omtrent 10 min se ry na die hoofdorp toe."