Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Durbanville is gerieflik geleë tussen baie oulike wynplase, naby groot winkelsentrums en tog landelik."
"Lieflike ligging, naby die Labia, die Kompanjietuine, die Mount Nelson. Ook baie maklik om van daar af die MyCiti-bus te haal kabelkarretjie toe, of Kampsbaai toe, en vandaar Seepunt of Houtbaai toe. Vanaf die Burgersentrum kan mens weer allerlei ander busse haal, byvoorbeeld na die Waterfront toe."
"Bekoorlik. Definitief 'n plek om te besoek en te verken. "
"Fantastiese uitsigte en sonsondergange. Bietjie vêr van die see af, nie altyd 'n uitsig oor die see van meeste van die eiendomme nie. Konstante wind. "
"Behalwe vir die see met alles wat mens daarin kan doen, bied Stilbaai omgewing heerlike uitstappies na kaas-, wyn-, gin- en olyfplase. Die dorp, oos en wes is skoon en veilig met al die nodige fasiliteite insluitend ’n mooi gholfbaan."
"Definitief 'n plek wat die moeite werd is om te besoek. 'n Naweek is te kort vir al die besienswaardighede."
"Sal graag wil teruggaan. Vreeslik baie gesien wat ek wil afneem. Perfekte bestemming vir Eat Pray Love tyd."
"Doen huiswerk voor jy Montagu toe kom. Het bietjie gesukkel om 'n oop restaurant 3 uur te kry. Meeste maak 6 uur oop. Het darem lekker geëet by Die Boord. Vriendelike personeel, kos heerlik."
"Altyd 'n baie goeie plek om na te gaan. Langebaan het aktiwiteite as 'n gesien, 'n couple en self net as individu om weg te breek en baie om te doen. Sal beslis weer terug gaan na Langebaan. "
"Pragtige area, pasop egter as daar 'n sokker- of rugbywedstryd aan die gang is en die stadium kom uit, verkeer was een Sondag chaos toe ons daar was."
"Tulbagh is worth a visit. We have been there a few times and discover new things every time. The Tarzan shoe factory is always on our list. It is nice to see that Tulbagh is kept in good shape, inviting visitors from far and wide."
"Ons besoek gewoonlik die omgewing buite seisoentyd en geniet die rustigheid, die afwesigheid van rondlopers en bedelaars en weinig of geen misdaad om oor te bekommer nie."
"Ons gaan gereeld Melkbosstrand toe en is 'n baie lekker plek en gerieflik naby alles. Ons gaan weer."