Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Wow Wow - so mooi. Dit was ons eerste keer in Gordonsbaai en ons sal 'n punt daarvan maak om weer te gaan. Ons was verbaas oor hoe lekker ons gekuier het."
"Dorp op sigself was redelik skoon met min plastiek en papiere wat in strate rondlê. Kan moontlik net 'n goeie aandenkingswinkel met bruikbare items begin. Personeel by OK baie vriendelike en behulpsaam."
" Naby die Waterfront en daar is al die besighede wat 'n mens nodig het, ook is daar baie loopplek langs die see."
"Lieflike plekkie, ons het pragtige foto's geneem van ou geboue en huise, wat my man hopelik eendag sal skilder."
"Die kokerboomwoud buite Nieuwoudtville was die ekstra ry werd om te gaan besoek. Die Gifberg-roete was wonderlik en ons het die sirkelroete omtrent geniet. Kon ook heerlik afkoel by een van die waterpoele. "
"Die Klein Karoo is soos enige ander deel van ons land met een woord: sielsverrykend."
"Baie rustige plek met vriendelike mense. Wat my opval is die skoonheid van die strand."
"Daar is stalletjies. Als is naby en dit is baie still in sekere gebiede soos Parkland Island. "
"Beste kos by die Weskus Kombuis. Die gids by Voël-eiland was so vriendelik en het vrylik sy kennis gedeel met ons. Dit was die hoogtepunt van ons besoek. "
"Ons kuier gereeld in Paternoster. Dis 'n dorpie wat mens nie moet misry nie. Daar is altyd iets nuuts en interessants."
"Die Swartland het soveel karakter, ek dink dit sal meer ontwikkel kan word om 'n top toeristebestemming te wees."