Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Het die geleentheid gebruik om die Christiaan Barnard Museum, sendingkerk en pastorie te besigtig. Dit was werklik vir ons prima-tyd wat goed bestee was. Wat 'n wonderlike geleentheid!"
"Moenie net deur Calitzdorp ry nie, draai af op die Boplaas pad vir 'n paar great verassings. 'n Karoo lamspastei by Die Handelshuis sal jou na jou ouma laat verlang!"
"Ek was baie lanklaas op Oudtshoorn en het eintlik vergeet wat 'n fantastiese bestemming dit is. Daar is so baie om te doen! Ons kon beslis langer gebly het en dink reeds aan wanneer ons weer die kinders soontoe kan neem."
"Cherry picking at Klondyke Farm was a highlight. Magnificent view from the Gyropass View point."
"Nog lekker klein dorpie gevoel, sonder die pretensie van ander dorpe wat net vir die yuppies voorsiening maak. Baie mooi omgewing, mens kan sommer net in die dorp rondloop of in die omgewing gaan rondry. Die paar wyn, port, brandewyn en gin plase is net genoeg om lekker te gaan proe en koop. Ons gaan volgende keer beslis vir ten minste 'n week kom kuier!"
"Struisbaai sal ons vir seker weer sien en sal ons toekomstige vakansieplekkie wees. Ons is mal oor Struisbaai."
"Strand is nie baie skoon nie. Daar is plastiek en gemors op die strand wat hulle dalk net op 'n daaglikse basis kan skoonmaak."
"Great laid back town. Very friendly locals and great attractions in the town."
Longacres Country Landgoed, Wes-Kaap
Kleine Aussicht"The roads aren't well kept on your way to Kleine Aussicht and it's very dark driving in the area as there are no street lights. Make sure you know where you're going before dark. Stunning views during the day and small surprises like duiker, camels and horses are on your route."
"Besoek aan Boplaas wynlandgoed is 'n moet. Vriendelike mense en goeie diens. Lekker geëet by Rose of the Karoo."
"George se strate was hierdie jaar besiger as ooit en ons wou eintlik wegkom van die gewoel van die stad. Oor die algemeen was George nog altyd die beste bestemming met soveel nabye strande en dinge om te doen. Natuurlik is die Montagu Pas en woud die heel beste vir ons wat van berg fietsry hou."
"This is the perfect stop over from north to the Western province and visa versa."
"Vir ons as gesin was dit nie nodig om ver te ry om die kinders uit te vat vir genot nie. Die Big Bay beach kompleks het 'n swembad, die see is net oor die pad en Spur se speelplek is om die draai. Baie lekker en gerieflik."