Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Heerlike sakesentrum met verskeie intieme restaurante. Gerieflik naby aan Kaapstad en lughawe. "
"Cool dorp, oulike restaurante, die Spar is ook baie oulik met baie opsies vir 'n vleisie om te braai. Wonderlik en rustig. "
"Pragtige plek met heerlike stoep-eetplekke en die see so wyd as wat die oog kan sien is asemrowend. Al het die wind die tweede dag van ons verblyf sommer lekker sterk gewaai, het dit ons nie gepla nie."
"Perfect destination for a relaxing breakaway from the hustle and bustle of the concrete jungle."
"Die plaaslike gemeenskap is gedurig aan die bedel of soek borgskappe of wil iets verkoop al het jy nee gesê. Dit sal moet stop, want saam met die oralteenwoordige waarskuwings oor geringe misdade, raak dit in 'n klein tydjie te veel. Verder is dit een van die mooier plekke waar ek in 'n lang tyd gekuier het. "
"Ek reis baie en die standaard van WW is baie hoog. Dankie weereens."
"Jacobsbaai is 'n stil, rustige plek met sy eie rustige pas. Dit is nie 'n swemstrand nie, maar as jy visvang of net die rustigheid van die weskus wil ervaar is dit aan te beveel."
"Dis 'n stillerige plek weg van die hoofroetes af, maar dis die natuurskoon en rustigheid wat ons trek. "
"So baie om te sien jy het meer as net 2 dae nodig. Heerlike eetplekke en baie skoon dorp."