Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Rustige buurt en baie om te besigtig in die natuur en see. Sal enige tyd terugkeer!"
"Walvisboot is gekanselleer alhoewel die wind en weer vir 'n mens perfek lyk is dit blykbaar 'n ander storie op die oop see, so weet dit net."
"As julle, soos ons, nie aan sport aktiwiteite soos bergklim, fietsry, ens deelneem nie, is daar nie veel ander dinge te doen in Swellendam nie. Die interessante winkeltjies en restaurante is 'n plus-punt en tydens ons verblyf op 'n weeksdag was daar net 'n handvol restaurante na 17:00 oop."
"My pa het familie gehad wat in Worcester gebly het en wou net weer 'n slag sien hoe dit daar lyk. Groot was my verrassing toe ek Trappestraat herken en ook die huis waar my pas se suster gebly het tot sy oorlede is 42 jaar gelede."
"Ek het Tulbagh besoek omdat my ma daar groot geword het en my oupa en ouma daar begrawe is. Die omgewing met die berge en plase is pragtig. "
"Netjiese en skoon dorp. Rustig in Oktober. Ideaal vir stedelinge wat wil wegbreek van die gewoel. "
"Witsand is 'n moet om te besoek, veral as mens graag walvisse vanaf die strand wil sien. "
"Dis 'n mooi en rustige omgewing, maar wees bedag op diefstal/inbrake! Gebruik alarms en laserstrale by die huis, dis daar met 'n rede!"
"Ons het baie van Heather Park gehou. Dit was vir ons sentraal om na enige punt in George te ry. Ook naby die lughawe en om Groot Brak Rivier en omgewing te besoek."
"Alhoewel Kommetjie weggesteek is agter die berg, is dit tog so sentraal om gou vir 'n rit te gaan oor Chapmans Peak. Jy kan kies om of Simonstad toe te gaan of Houtbaai vir lekker vars vis en skyfies. Dan is daar ook die pragtige strande in die omgewing van Boulders Beach in Simonstad tot Muizenberg is net ongelooflik. Dan is daar ook die Longbeach Mall se lekker eetplekke en winkels. Dit als het gesorg vir die beste vakansie ooit."