Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Beautiful little village which I will definitely visit again. Lovely shops and restaurants."
"Lekker klein kusdorpie. Het die voorreg gehad om 'n walvis met haar kalfie te sien."
"Lekker naby aan Mosselbaai en dit sal 'n baie lekker vakansie in die somer wees. Strand is asemrowend."
"Restourante nie maklik beskikbaar nie. Kaijaiki uitstekend. Meeurots swak indruk geskep vir verwelkoming. Met navraag het kokke en kelners almal by tafels gesit en geen moeite gedoen om op te staan nie. Ons het toe omgedraai en verder gesoek. Yzerfontein is beeldskoon maar bitter stil. Goeie oorslaapplek vir omgewingsverkenning."
"Dankie dat Robertson se mense soveel aan buitestaanders bied om te deel en geniet!"
"Pragtige omgewing. Heerlike lang strand vir stapliefhebbers. Lekker warm water, pragtige besienswaardighede soos die Agulhas ligtoring, suidste punt van Afrika, skeepswrak, hawe, Sea Shack restaurant langs die Struisbaai Strand is 'n heerlike gesellige kuierplek vir gesinne, met heerlike vis en skyfies! Beslis 'n moet om te besoek!"
"Vloei van verkeer en parkering in 2de Laan 'n groot frustrasie. Sal nie weer daar bly nie."
"I love small fishing towns, winter or summer; thus my feedback might not be objective. If you want city night life, Lamberts Bay is not for you. However, if you need time away from the hustle and bustle of our busy lives and need peace and quiet, then Lamberts Bay is for you. A town where time has stood still (in the best way possible)."
"Prins Albert is 'n ware juweel met pragtige, goed versorgde Karoo argitektuur, vriendelike en meelewende inwoners, lekker eetplekke, 'n weeklikse mark, uitstekende showroom teater waar ons 'n fantastiese vertoning bygewoon het, 'n pragtige, leersame museum en nog veel meer. In hierdie pragtige en rustige omgewing kan jou batterye beslis herlaai word."
"Dit is 'n baie mooi dorp, ongerepte vlaktes en prag. 'n Plek om te ontspan en weer die batterye te herlaai. Mal oor die stilte en vrede."
"Skoon strand en was lekker om te kyk hoe baljaar die honde op die strand en almal hardloop daar met hulle diere."