Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Ons ken Jongensfontein sedert die 70s en kuier gereeld daar. Dis 'n veilige gesinsbestemming met pragtige natuurskoon en gee steeds, nieteenstaande snelle ontwikkeling, die gevoel van afgesonderdheid en een wees met die natuur met stadsgeriewe soos supermarkte en winkels slegs 10 km weg in Stilbaai-Oos."
"Pragtigste winkeltjies met vriendelike inwoners. Jy kan nie verby ry sonder om die dag hier deur te bring nie. "
"Clanwilliam is 'n pragtige dorpie wat elke toeris moet besoek. Vol gasvryheid met die mooiste besienswaardighede, vanaf die Museum tot en met Tolla se vriendelike sentrum. Geniet heerlike etes in topklas restaurante of geniet heerlike koffie en tee in die mooiste tee/koffie winkeltjies. Ry uit na die dam en maak gerus 'n draai by Tolla se rusplek."
"Paternoster is 'n besonderse plek. Daar is lekker restaurante en die mense is baie vriendelik. "
"Yzerfontein is 'n baie stil area. Die mense wat in Yzerfontein woon is baie vriendelik."
"Great spot! Close to Cape Town, beautiful mountain escapes and rolling hills. Fantastic food at the Oak and Vigne. A friendly town."
"Lekker dorpie vir mense wat hou van "Mountain biking adventures". Klein en vriendelike dorpie. Pragtige omgewing met berge! "
"Pragtige plek, stil en die see alomteenwoordig. 'n Ware juweel!"
"Lovely parks, walk over bridges, wild bird life on the doorstep. Safe and secure, security visibility is really good."
"Lekker Winterfees met aangename besoek aan al die wyn/port kelders en eetplekke. Pragtige natuurskoon met tonele wat mens bybly."
"As jy van die stad se gejaag wil weg kom is Clanwilliam die regte dorp om rustig te kan verkeer."
"Wat 'n pragtige plekkie! Enigste bekommernis is dat mense baie vinnig met hulle voertuie ry."
"Vir ons is dit ons plek vir sielsrus kry. Fantastiese wynomgewing en die ontvangs wat mens by al die kelders kry is wow!"
"Karoo is vir seker 'n moet-doen ervaring. Die winterfees in Calitzdorp is anders as al die ander gewone feeste in die omgewing. Oudtshoorn bied groot verskeidenheid aktiwiteite vir toeriste."