Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Daar is nie veel om te doen in L'Agulhas/Struisbaai nie en sal voorstel dat mense dit net 'n dagbesoek maak. Die restaurante is 'n bietjie duur en diens nie te goed nie."
"Dis 'n baie still plek. Daar is nie baie om te doen nie behalwe as jy 'n branderplankryer is. Maar ek dink dit sal 'n lekker plek wees as jy met 'n groep vriende gaan om jouself besig te hou. Die strande is pragtig maar dit is vuil. Baie gebreekte glas gesien in die sand, papiere, chips pakke ens. Dis 'n mooi plek, net nie vir almal nie."
"A magic little town with an easy feel and friendly people. Not far off the beaten track (N2) and a real pleasure, it's like going back in time."
"As eerste keer besoekers het ons Hermanus 'n baie rustige, vriendelike vakansieplek gevind. Daar is taamlik baie om te doen en ons het verfris teruggekeer na die "hustle & bustle" van Kaapstad."
"Sal definitief weer daar gaan vakansie hou. Baie mooi skoon dorp, paaie is netjies en skoon."
"Dit is al vir meer as 25 jaar my eerste keuse van vakansie en nog altyd bekostigbaar en vriendelike ervaring deur die jare."
"Ons het baie rondgery en was verras oor al die klein baaitjies waar mens kon afdraai en die dorpie besigtig. Die kos was uitstaande by al die restaurante. Knysna is goed geleë sodat mens 'n goeie verskeidenheid kan beleef sonder om te ver hoef te ry. "