Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 38343 resensies.
"Elandsbaai het ons harte gesteel, maar dit is nie geskik vir gesinsvakansies volgens ons nie. Daar is nie vir kinders vermaak nie, en ook nie vir volwassenes nie, tensy jy by die Hotel wil uithang elke aand. Die natuurliefhebber sal dit geniet. Jy sal lekker rus in Elandsbaai. Daar is net een restaurant, en bespreek maar vooraf om teleurstelling te voorkom."
"Baie om te sien. Lekker staproetes. Vriendelike mense. Baie plekkies om te besoek in dorp."
"Kom voor as 'n baie veilige dorp. Baie skoon dorp. Het die Kaapse Klopse by die Spar baie geniet, vir ons van Gauteng, 'n hoogtepunt."
"Mosselbaai self is 'n baie lekker dorp om in vakansie te hou. As jy bereid is om die verkeer te trotseer in die vakansie-tyd, kan jy maar gaan. Maar die verkeer is baie erg oor vakansies. Dit bly steeds ons gunstelingplek om vakansie te hou."
"Baie lekker toegang tot die see vir boothengel! Naby genoeg aan groot winkelsentrums vir benodighede. Beslis nie vir die persoon wat van "liggies" en lawaai heelnag hou nie! Hier kan mens "batterye" laai!"
"Die feit dat ons orals kan stap en veilig voel vir die kinders om fiets te kan ry, maak dat ons as gesin beslis sal terugkom na Gouritz."
"Die dorpie Tulbagh is ongelukkig 'n slagoffer van ons regering se onvermoë om 'n beter lewe aan sy mense te gee. Die hoofstraat is besaai met werklose mense wat vinnig om toeriste brom. Meeste besighede is of gesluit of het beperkte besigheidsure. Darem is die strate redelik skoon. Die prag van die area is nie die dorp nie, maar die natuurskoon en die omliggende plase, berge, riviere, damme, staproetes en bergfietspaaie."
"There is peace with few populations and not that many activities but the environment suits our expectations. Therefore we would love to go again and again for holiday relaxation."
"Ons moet die stad meer benut as plaaslike inwoners. Net jammer "plakkers" besmet 'n groot deel van stad en dis 'n seeroog vir toerisme. Mag Stad Kaapstad daadwerklik 'n poging aanwend om ons stad higiënies te kry."
"Love the little West Coast town. Great for a weekend getaway out of the hustle and bustle of the city. Only 1h45min drive from Cape Town."