Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Baie baie mooi. rustige strand met die mooiste sonsondergange en pragtige wandelpaaie."
"Die pragtigste skoonste dorpie ooit. Pragtige uitsig oor die Langeberg met baie om te sien in dorpie se geskiedenis."
"Pragtige plek met die mooiste berg in die agtergrond en vriendelikste mense. Vervoer museum 'n moet sien, baie waarde vir die toegangsgeld."
"Wonderlikste, rustigste dorpies met die mees wonderlike vriendelike inwoners en besienswaardigehede. "
"Supermark naby, baie sentraal en gemaklik bekombaar met selfs die bus of stap as jy fiks is."
"Waar is daar nog so 'n kombinasie van berg en see? Heerlike strande, pragtige kilometer lange geplaveide kusroetes om te stap, swempoele en as jy mooi kyk, dalk 'n walvis wat speel! Word jy dors of honger is daar talle koffiewinkels, goeie restaurante, almal 'n klipgooi van die see. Vir die fikser en meer avontuurlustiges is daar heerlike veilige staproetes in die berge rondom die dorp waar 'n mens nog altyd die koel seeluggie kan geniet en Walkerbaai in die oog het. Die Heme-en-Aarde vallei bokant Hermanus het oor die afgelope 30 jaar ontwikkel as een van die mees gesogte wynstreke en daar is oral proelokale waar jy jou and die beste wyne kan verlustig en as die beursie dit toelaat, kan koop. Dis voorwaar 'n unieke kombinasie nêrens elders te vind nie!"
"Quaint. Laid back feel, we were very new to the place and did'nt know much about what can be done in the area other than go to the beach or eat out. I suppose if we asked around we could have found out about "Things to do" in and around Struisbaai. Maybe a little more advertising? However the place in general is clean and well maintained. Its peaceful and friendly, with awesome views. It reminded me of my childhood days holidaying at the sea....... not a care in the world ;-) Sun, Sea, Sand!!"
"Pearly Beach het 'n baie mooi strandgebied met lekker lang sand strande, ideaal om net op die strand te sit en ontspan of of lang ente te gaan stap. Die natuurskoon is asemrowend . Die karavaanpark het 'n baie interessante winkeltjie met vreeslik interessante goed daarbinne."
"Maak vooraf seker oor die tye wat die plek oop is want ons was verras toe Fairview vir 'n privaat funksie vroeg gesluit het en nie alle eetplekke is oop vir ontbyt en aandete nie."