Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.

Vishoek, Wes-Kaap

Berg Residence Self Catering

"Afhangende van dit tipe vakansie wat jy beplan of die plekke wat jy wil besoek, moet jy maar net altyd die verkeer in ag neem. Die paaie is nogal besig. Vishoek is 'n lieflike dorp met 'n mooi strand en ek kan Barracudas Restaurant aanbeveel. Pet Buddies het ook na ons klein hondjie omgesien. "

Oudtshoorn, Wes-Kaap

We-La-Fra

"Ekt in Oudtshoorn groot geraak en sal altyd 'n sagte plekkie vir ons dorp hê. My voorgeslagte se grafte is daar, daarom gaan ek gereeld terug om te besoek. Jammer om te sien dat van die ou geboue verwaarloos en die strate opknapping benodig, maar wil voorkom asof dit die tendens is deesdae."

Beaufort-Wes, Wes-Kaap

@ Mango's

"Pragtige park en dorp is iets besonders."

Stanford, Wes-Kaap

Misty Mountains

"Die personeel in die toeriste inligting kantoor het bitter min geweet oor die omgewing en ons bloot pamflette met oppervlakkige inligting oorhandig - wat selfs nog verkeerde inligting verskaf! Byvoorbeeld, dat Springfotein se wynproe en restaurant toe is op Donderdag - wat nie die geval is nie - ons het maar 'n kans gevat en dit was oop! Stanford is 'n fantastiese plek, maar dit word uiters swak bemark! Plekke soos Misty Mountains gaan dit 'n slegte naam gee!"

Knysna, Wes-Kaap

110 Bay View

"Die ligging en beeld van Knysna is perfek. Idillies en regtig 'n voorreg om te besoek. Ten spyte van die brande wat soveel skade aangerig het, was dit 'n prentjie mooi plek om by te gaan vakansie hou. Al die nabygeleë toeriste aantreklikhede het werklik gesorg vir 'n vol dag elke dag. Ons sal vir seker weer in Knysna en omgewing wil gaan vakanasie hou."

Strand, Wes-Kaap

Nautica 104

"Winkels is naby geleë. Die strand is baie skoon. Dis net aangenaam om daar te kuier."

Prins Albert, Wes-Kaap

Aandrus

"Prins Albert sien ons definitief weer!"

Strand, Wes-Kaap

Africa Cottage Strand

"Beeldskoon en baie rustig."

Bellville, Wes-Kaap

Oakdale House

"Veilig en sentraal."

Groenpunt, Wes-Kaap

The Glam Guesthouse

"Not a lot of parking, and safety of cars is an issue as there are regular break-ins in the street."

Langebaan, Wes-Kaap

Makarios B&B

"The lagoon is perfect for all kinds of water sports as it is shallow and safe."

Paternoster, Wes-Kaap

Twalap

"Ek het Paternoster besoek sedert my kinderdae. Dit bly nog my gunsteling plekkie in SA!"

Gordonsbaai, Wes-Kaap

Summerplace 2

"Lieflike rustige plekkie by die see, wat in die volgende 10 jaar deur die bendes oortrek gaan wees, ek sal nie daar wil koop nie."

Riebeek-Kasteel, Wes-Kaap

Olyfenhuis Guest House

"Dit is die derde keer dat ek Riebeek-Kasteel kies vir 'n wegbreek. Dit is 'n heerlike dorp met al sy snuisterye asook die groot dekor stoor is 'n groot attraksie om te besoek. Heerlike en genoeg eetplekkies met 'n groot verskeidenheid. Dit was weereens 'n aangename ervaring om Riebeek te besoek."

Rondebosch, Wes-Kaap

Belvedere on Barkley

"Pleasant to walk around the Rondebosch Common. Quite a few restaurants in the area."

Prins Albert, Wes-Kaap

Travellers Rest

"Beslis 'n dorpie met sy eie bekoring en potensiaal. Oor die algemeen kan n toeris veilig voel,wat n uitsondering in SA is. Die inwoners is gasvry en vriendelik. Restaurante bied waarde vir geld. Ons sou graag langer wou vertoef."

Bloubergstrand, Wes-Kaap

105 Horizon Bay

"The area is a dream holiday - close to most tourist attractions and surrounded by a friendly neighbourhood."

Gordonsbaai, Wes-Kaap

Krystal Cottage

"As die wind jou nie pla nie, is dit 'n ideale vakansie bestemming."

Kaapse Wynlande, Wes-Kaap

Hemelsbreed Farm

"Greyton an excellent destination. Genadenal very interesting, but needs a lot of work to reach its full tourist potential."

Struisbaai, Wes-Kaap

Oceanview Guesthouse/B&B

"Ons het walvisse gesien."

Somerset-Wes, Wes-Kaap

Willows Curve

"I have been coming for years, very central for business and holiday."

Lambertsbaai, Wes-Kaap

Languedoc Verblyf

"Die dorpie is lieflik en ek sal gou weer teruggaan!"

Danabaai, Wes-Kaap

Anita's Self-catering

"Baie rustige dorp weg van die besige Mosselbaai en Hartenbos."

Langebaan, Wes-Kaap

Bayside

"Langebaan is 'n pragtige plek met 'n heerlike atmosfeer!"

Robberg, Wes-Kaap

113 on Robberg B&B

"Plettenbergbay is een leuk plaatje, als je lekker uit eten wil ga dan naar restaurant Nguni, wel van tevoren reserveren."

Melkbosstrand, Wes-Kaap

Two Owls Guest House

"Pragtige plek, maar te winderig vir my."

Blad
Blad 1615 - Wys 48421 tot 48450
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang