Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Porterville is a cosy little town surrounded by beautiful mountains, away from all the noise. One could not spend a whole week in the town itself, however, due to there not being enough activities to keep one busy."
"Een van die pragtigste plekke in SA. Die blomme was pragtig. Langebaan is 'n moet sien en beleef in SA!"
"Dit is 'n pragtige dorpie en die omgewing is net so mooi. Beslis 'n besoek werd!"
"Pragtig! Strande is asemrowend. Bird Island is so mooi en die mense is baie vriendelik. Muisbosskerm restaurant is 'n moet. Die plek het my hart gesteel."
"Vir ons behoeftes was dit goed en sentraal geleë. Sal dit aanbeveel as toeristebestemming, afhangende waarnatoe toeriste natuurlik wil gaan."
"Die padwerke in die dorp maak dat alles onder stof is en die plek lyk maar 'n bietjie vaal. Ongelukkig is die water by Avalon Springs ook nie juis warm vir dagbesoekers nie."
"Dorp het baie agteruit gegaan. Ons wou die Chris Barnard museum besoek, maar dit het onveilig gelyk."
"Ons het 'n paar jaar gelede gewoon in Durbanville en dit is altyd ons plek van keuse wanneer ons Kaapstad toe kom."
"Century city is baie sentraal en toeganklik van alle kante af. Ons hou van die kanale en en die stap roetes daar om. Bonus is die groot winkel sentrum vir die wat hou van inkopies of net rondloop in die "mall". Hier is baie vir oud en jonk om te doen."
"'n Paar bekende "bakens" in die dorp asook blomtyd in September maak dit 'n gemiddelde toeristebestemming."
"Mooi omgewing om te gaan afskakel van 'n daaglikse roetine en deel te maak van jou vakansie."
"Awesome, peaceful, quiet, yet so much to see and do for everyone. The penguin colony, hikes, vegetation (proteas in full bloom). Pristine beaches. There is a wonderful gentleman and his dear wife that make Belgium chocolates. Really genuine chocolate (for the person who truly appreciates the art of chocolate making and savours the real deal.) "
"Vriendelijk mooi stadje goede plaats om daarvanuit vele dingen te doen, zoals bergstapies , bezoek wijn estate ,bontebok np , zee nabij mangat en nog veel meer."
"Witsand is nog baie onderontwikkeld as 'n toeriste bestemming maar het baie potensiaal. Net baie noodsaaklike geriewe is beskikbaar in die dorp maar Heidelberg is net 35 km waar veel meer beskikbaar is. Die rivier bied baie vir die hengelaar en die see en monding het sy eie bekoring. As jy rustigheid soek reken ek Witsand met sy sowat 300 permanente inwoners is 'n uitstekende opsie, veral buite seisoen. Pragtige geleentheid vir walviskyk."
"As 'n toerisme beampte in 'n ander area wat twee jaar in Paarl gebly het, dink ek Paarl het baie potensiaal. Vir toeriste wat belangstel in wyne, brandewyne en 'n plekkie naby Kaapstad is dit ideaal. Vir besigheidspersone wat naby die stad wil bly, maar wat nog steeds 'n "country" gevoel soek is dit perfek. "
"Prentjiemooi! Dit voel of mens nie al die mooi kan inneem nie. Dit is oorweldigend! Sal dit vir almal aanbeveel!"