Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Elandsbaai is kleiner as wat 'n mens verwag, en des te beter daarvoor. Ons sal dit beslis weer besoek."
"'n Lekker bestemming met goeie eetplekke en baie om te doen in en om die omgewing. 'n Fantastiese swemstrand."
"Kamer en huis se dekor doen amper afbreuk aan die mooi uitsig - instandhouding sal gedoen moet word om die klein dingetjies netjies en versorg te hou. Ons kamer se yskassie kon net vries, al was dit op heel warm gestel. Dit kan dalk 'n probleem wees vir mense wat langer oorbly. "
"Pragtig. Olywe en goeie wyne te proe. Lekker kuierplekke. Lekker basis om buurdorpe ook te verken. Kan dalk meer fisiese aktiwiteite byvoeg."
"Riebeek Kasteel is 'n pragtige dorp. Die mense is vriendelik en plat op die aarde. Die Riebeek Vallei Kwekery is absoluut fantasties en vir enigeen wat lief is vir tuinmaak en hou van inheemse plante kan ek dit ten sterkste aanbeveel. Die plek is 'n juweel en die eienaar se kennis is ongelooflik. Die hele vallei is iets besonders."
"Gaan na Kaappunt as jy nog nooit daar was nie. Ry rond of stap rond of ry met jou fiets. Die omgewing is beeldskoon."
"Ons het ook 'n baie lekker ervaring by die Sea Shack in Struisbaai gehad. Hul kos is heerlik, pryse baie billik en hul is baie gasvry. "
"Die dorpie en argitektuur is baie mooi. Dis klein, maar nie dood nie. Daar is baie lekker restaurante! Aangename mense ook. Kan in die hoofstraat stop en die hele dorpie sommer te voet verken as jy hou van stap. Sal graag die Rain Spa nog wil probeer. Dit lyk na iets besonders. Sal egter nie vir langer as twee dae bly nie. "
"Hermanus is the most beautiful town in South Africa! So much to see and so little time. We visited Fisher Haven and came across a Restaurant/Pub called The Blue Roof! What wonderful food! Great value for money friendly staff!"
"The stay would have been much more nicer if they had parks for kids. Kids are busy and they get bored easy, a park would have been a nice distraction."
"Ideaal vir 'n rustige wegbreek en vir die wat lief is vir die natuur en stap."
"Die klein dorp karakter het behoue gebly, wat dit rustig en aangenaam maak."
"Vriendelike dorpie, net jammer die meeste restaurante was Vrydagaand (publieke vakansiedag) toe. Jy sal dink dit is die beste tyd om ektra geld te maak en toeriste te lok."
"If you're a fan of golfing, spending a bit of money at the casino, eating some of the best burgers any golf clubhouse has to offer or just enjoy impressive landscapes where the lush green grass and wildlife meanders into the vast ocean, this is definitely the place to be. The staff are extremely friendly and helpful. Give it a try, even if none of the aforementioned particularly tickles your fancy. I can assure you, in time, Pinnacle Point will make you fall in love with its beauty and grace. "
"Baie mooi dorpie met die vriendlikste mense. Genoeg verskeidenheid wynplase en alle plekke wat jy besoek gee jou 'n kaart van alles wat jy kan doen in Tulbagh. Sal graag wil sien hoe lyk die dorp met sneeu op die berge."
"Koud in die winter, oorgenoeg restaurante en baie besienswaardighede. 'n Juweel!"